Re­sep­te Murg­ge­stop­te bees­fi­let in net­vet

Landbou Boerekos - - VREDENDAL -

Ryk en baie lek­ker. Die murg en net­vet be­druip die v­leis van bin­ne en bui­te. Die eind­re­sul­taat? Die sag­ste, sap­pig­ste, geu­rig­ste stuk fi­let denk­baar.

1 heel bees­fi­let (on­ge­veer 2 kg), teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur ’n paar beesmurg­be­ne, in die leng­te ge­saag en ge­hal­veer 1 groot stuk net­vet (groot ge­noeg om die fi­let in toe te draai) 100 ml braai­sous van jou keu­se Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per

Stap 1: Ge­bruik ’n skerp mes om hier en daar in­sny­dings in die fi­let te maak. Stap 2: Krap die murg uit die bees­be­ne en sny dit in stuk­kies. Stap 3: S­top stuk­kies murg in die in­sny­dings in die fi­let en ge­bruik jou vin­gers om dit goed in te druk. Stap 4: Laat lê ’n groot ge­noeg stuk net­vet plat op die werks­op­per­vlak en be­druip dit lig­gies met jou guns­te­ling­braai­sous. Stap 5: Geur die fi­let goed met sout en pe­per en draai dit in die net­vet toe. Maak se­ker dat die net­vet ’n e­ga­li­ge laag oor die v­leis vorm. As dit op se­ke­re plek­ke te dik is, gaan dit nie bros braai op die ko­le nie. Stap 6: Maak die net­vet met vleis­rek­kies vas, of steek dit met peu­sel­stok­kies vas so­dat dit nie los­gaan op die vuur nie. Braai die fi­let oor warm ko­le tot die net­vet uit­ge­braai en bros en die v­leis lig- tot me­di­um­gaar is. Laat rus ’n paar mi­nu­te en sit voor met ’n rooi­wyn­sous en aar­tap­pel­wig­gies. Le­wer 8-10 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.