Hoen­der­ei­ers en skil­pad­jies

Landbou Boerekos - - VREDENDAL -

Weer eens sorg net­vet vir ’n bros bui­tela­gie en ’n sag­te, sap­pi­ge bin­ne­kant vir hier­die le­wer- en hoen­der­lek­ker­nye.

Hoen­der­ei­ers 6 hoen­der­bor­sies (son­der vel of been) in gro­te­ri­ge stuk­ke ge­sny Aro­mat (of soort­ge­ly­ke geel geur­sout) Ge­noeg net­vet

Be­sprin­kel die hoen­der­stuk­ke met Aro­mat. Sny die net­vet in blok­ke (groot ge­noeg om die stuk­ke hoen­der in toe te draai). Sit ’n stuk­kie hoen­der op el­ke blok net­vet neer en vou dit styf daar­in toe. Steek vas met peu­sel­stok­kies. Braai die hap­pies oor ma­ti­ge ko­le tot die net­vet gaar en bros is. Sit warm voor. Le­wer 6 por­sies (on­ge­veer 24 hoen­der­ei­ers).

Skil­pad­jies Dié heer­li­ke hap­pies is op hul lek­ker­ste som­mer net so van die ko­le af.

1 skaap­le­wer Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per Ge­noeg net­vet

Ver­wy­der die vlies om die le­wer en sny die bui­se en har­de de­le weg. Sny die le­wer in stuk­kies – nie dik­ker nie as 2 cm en 7 cm tot 10 cm lank. Be­strooi lig­gies met sout en pe­per. Sny die net­vet ook in blok­kies met ’n skerp mes of skêr – groot ge­noeg om een en ’n half keer om ’n stuk­kie le­wer te draai. Vou die net­vet styf om die le­wer en pak in ’n plas­tiek­sak­kie of bak (jy kan dit met peu­sel­stok­kies vas­steek as jy wil, hoe­wel ek dit nooit doen nie). Be­dek en bê­re in die vries­kas tot jy dit wil ge­bruik. Ont­dooi die skil­pad­jies in die ys­kas. (Maak se­ker dit is heel­te­mal ont­dooi voor jy dit ge­bruik.) Braai oor vin­ni­ge ko­le en be­strooi weer lig­gies met sout en pe­per ter­wyl jy braai. Le­wer so­wat 25 skil­pad­jies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.