Be­a­trix se s­kuins­koek

Landbou Boerekos - - VANRHYNSDORP -

Deeg 2,5 kg koek­meel­blom 10 ml sout 5 ml neut­mus­kaat 15 ml fyn gem­mer 20 ml a­nys­saad (of na smaak) So­wat 1,375 li­ter wa­ter 4 x 250 ml sui­ker 250 g mar­ga­rien, ge­smelt 5 x 250 ml suur­deeg­meng­sel

Kook­o­lie en uit­ge­braai­de skaap­vet, om in te braai

Meng die meel, sout, neut­mus­kaat, gem­mer en a­nys­saad in ’n groot meng­bak. Kook die wa­ter en los die sui­ker daar­in op. Laat die sui­ker­wa­ter af­koel tot lou­warm. Voeg die sui­ker­wa­ter, ge­smel­te bot­ter en suur­deeg­meng­sel by die droë be­stand­de­le en knie tot die deeg nie meer aan die bak vas­sit nie. Be­lang­rik: As jy knie en jou han­de knie “skoon”, is die deeg te styf. Voeg dan nog vloei­stof by. Maak die bak met die deeg warm toe en laat dit oor­nag rys. Ver­hit die vol­gen­de og­gend kook­o­lie ge­meng met uit­ge­braai­de, har­de skaap­vet in ’n mid­del­slag-ka­strol. Die o­lie moet warm ge­noeg wees – as jy ’n stuk­kie deeg daar­in gooi, moet dit da­de­lik op­kom. Ter­wyl die o­lie warm word, sit ’n deel van die deeg op ’n meel­be­strooi­de ta­fel. Druk dit plat en sny dit in lang re­pe, en dan skuins­oor in di­a­man­te. Laat sak ge­noeg koe­kies in die o­lie so­dat hul­le styf teen­me­kaar lê ter­wyl hul­le braai. Dit help dat hul­le e­we­re­dig bruin braai. Draai en dom­pel die koe­kies ter­wyl dit braai en drei­neer wan­neer gaar. Le­wer on­ge­veer 150 skuins­koe­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.