Die mak­lik­ste skaap­nek­pot

Landbou Boerekos - - SKAAPVLEIS & AARTAPPELS -

Vir ie­mand wat graag son­der moei­te wil kook, maar wel hou van lek­ker eet, is hier­die pot die ant­woord. Jy braai niks groen­te voor­af nie; jy lig nie eens die dek­sel op ge­du­ren­de die kook­tyd nie. Jy sit al­les een­vou­dig net so in die pot en t­wee uur la­ter het jy ’n heer­li­ke ete. Te goed om waar te wees? Nog­al nie!

2 skaap­nek­ke, in stuk­ke ge­saag 4 heel knof­fel­hui­sies 10 pie­kel­ui­tjies 4 wor­tels, ge­skil en in dik sky­we ge­sny 3 aar­tap­pels, ge­skil en in stuk­ke ge­sny 2 lou­rier­bla­re 5 ml elk sout, swart­pe­per en kol­jan­der 1 blik (410 g) ta­ma­ties 30 ml sui­ker 1 bot­tel (750 ml) rooi­wyn 30 ml bran­de­wyn

Plaas ál die be­stand­de­le in ’n groot swaar­boom­pot met ’n dek­sel. Ver­hit tot kook­punt en prut sta­dig oor lae hit­te vir on­ge­veer 2 uur of tot die v­leis sag is. Sit voor met rys of ka­pok­aar­tap­pels. Le­wer 6 por­sies. die skil­le goed droog. Ver­hit ge­noeg o­lie vir diep­braai tot warm en braai lot­te van die skil­le daar­in tot goud­bruin en bros. Drei­neer op kom­buis­pa­pier en geur met sout. Sit voor met ’n mos­terd­ma­yo-doop­sous.

Mos­terd­ma­yo-doop­sous 125 ml goeie ma­yon­nai­se 30 ml kon­dens­melk 125 ml G­riek­se jo­gurt 5 ml Di­jon- of En­gel­se mos­terd 5 ml heel­kor­rel­mos­terd Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per

Meng al­les vir die doop­sous saam en bê­re in ’n lug­dig­te bak­kie in die ys­kas. Le­wer on­ge­veer 300 ml doop­sous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.