V&A

Landbou Boerekos - - ROSYNE -

WAAR­OM IS DA­TAL VIR JUL­LE ’N GOEIE ROSYNTJIEKULTIVAR? Da­tal is des­tyds ont­wik­kel as ’n druif wat die­self­de mus­kaat­geu­re as Ha­ne­poot het, maar met min­der pit­te. Som­mi­ge kor­rels het ’n swak, on­der­ont­wik­kel­de pit, en an­der het glad nie ’n pit nie. Die skil is ef­fens sag­ter as Ha­ne­poot s’n.

WAAR­VOOR GE­BRUIK JUL­LE HIER­DIE RO­SY­NE? Ons maak Ha­ne­poot-ti­pe ro­syn­tjies wat ons van die plaas af be­mark as Plaas­lek­kers. Ons ver­koop jaar­liks so­wat 6 ton tot 7 ton van die werf af.

Aan­vank­lik was dit ’n ma­nier om die plaas­vroue in die nat win­ter­maan­de be­sig te hou, want dis ar­beids­in­ten­sief om die kor­rels uit te soek. Die mark het sta­dig­aan be­gin groei en nou is dit ’n lek­ker besigheid. Men­se wat van pit­lo­se ro­sy­ne hou, koop dit, maar ook men­se wat nog tra­di­si­o­ne­le boer­be­skuit bak. Die Da­tal-drui­we is be­son­der geu­rig in ge­bak.

HOE VER­SKIL DIE PRO­DUK­SIE­PRO­SES VAN SUL­TA­NAS EN KORENTE? Ons sul­ta­nas en korente word net op die nette ge­gooi en in die son ge­droog. Geen be­han­de­ling is no­dig nie. Sul­ta­nas het so­wat ’n maand tot ses we­ke om te droog te word, na ge­lang van die weers­toe­stan­de. Korente se droog­tyd is so­wat drie we­ke. Om­dat die Da­tal-kor­rels so groot is, moet dit eers deur ’n warm loog­pro­ses gaan om die was­la­gie om die kor­rels te ver­wy­der en die sel­le­tjies bin­ne die kor­rels te laat bars so­dat jy van die vog ont­slae kan raak son­der te veel ska­de aan die skil. Ons ge­bruik ’n loog­pot wat met ’n die­sel­bran­der tot on­der kook­punt ver­hit word. Die drui­we word dan in mand­jies van vlek­vrye staal in die pot ge­doop. Ná die loog­pro­ses droog die kor­rels bin­ne 14 dae uit. WAAR­OM IS JUL KLI­MAAT SO GE­SKIK VIR ROSYNTJIEBOERDERY? As jy die naam V­re­den­dal noem, dink al­mal mos aan die ge­wel­di­ge hit­te. Ons het ’n warm, droë kli­maat en die kans op re­ën in die oes­tyd (so­mer) is skraal. Die drui­we is dus ge­sond en droog lek­ker vin­nig. Soms val daar wel ’n paar drup­pels, maar as jou nette skoon en jou drui­we ge­sond is, is daar nie pro­ble­me met swam­me nie.

WAAR BE­MARK JUL­LE DIE KORENTE EN SUL­TA­NAS? Ons ver­koop dit aan SA Dro­ë­vrug­te (SAD), wat dit plaas­lik en in­ter­na­si­o­naal be­mark. Suid-A­fri­ka se ro­syn­tjies vaar tans goed oor­see, ver­al in B­rit­tan­je en Eu­ro­pa. Ons pro­duk is vry van swam­me, ver­al as jy dit met die Turk­se, G­riek­se en Ka­li­for­nie­se pro­duk ver­ge­lyk. Dis ook ge­wild dank­sy ons streng che­mie­se be­kam­pings­maat­re­ëls, en die e­tie­se ko­des werp ook vrug­te af. Ver­al die B­rit­se sjo­ko­la­de­be­dryf ver­kies ons ro­syn­tjies, want dit sit nie aan me­kaar vas nie, an­ders as an­der lan­de se pro­duk­te wat eers met vur­ke uit­me­kaar ge­maak moet word.

HOE WAS DIE AF­GE­LO­PE PRODUKSIEJAAR? Dit was ’n jaar vol s­trui­kel­blok­ke. Ons wa­ter was min en dit was on­ge­woon warm. Hier is boe­re wat sê hul korente-oes is 33% tot 50% klei­ner.

EET JY GRAAG RO­SYN­TJIES? Ja, na­tuur­lik. Ek moet mos weet hoe my pro­duk smaak. Ons he­le ge­sin is lief vir ro­syn­tjies. Ons maak ook Boe­re­klon­gens van die groot Da­tal-ro­sy­ne en skoon bran­de­wyn wat ons ’n ruk­kie lank in ’n fles laat staan. Dis ’n lek­ker li­keur­tjie ná ete. Dis ook heer­lik saam met room­ys en jy kan dit selfs in ’n slaai sit vir ’n an­der­ster sma­kie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.