VELDKOOL-VERLANGE

Landbou Boerekos - - Redaksie -

Ek en my man is Wes­kus­sers ge­bo­re en ge­toë, hy op Citrus­dal en ek op Sal­dan­ha, tot ons op agt­tien­ja­ri­ge ou­der­dom al­bei as eer­ste­jaars op S­tel­len­bosch uit­ge­spoeg is.

Wes­kus­kos is in ons ge­ne in­ge­bou, daar­om dub­beld en dwars baie dan­kie vir die heer­li­ke win­ter­uit­ga­we nr. 8 wat ek van­dag op die win­kel­rak ge­kry het, ’n he­le dag vroe­ër as wat aan­ge­kon­dig is dit sou ver­skyn.

Wes­kus­kos is vir my win­ters­kos, snoek en pa­tats, smoor­snoek ge­maak van sout snoek­moot­jies, dro­ë­boon­tjie­bre­die ge­maak van heer­boon­tjies uit Re­de­ling­huys se om­ge­wing en veld­kool­bre­die.

Veld­kool­bre­die is ’n be­son­der­se lek­ker­ny om­dat die veldkool slegs in die win­ter te kry is, ’n mens dit self moet pluk en som­mer baie daar­van vir ’n kook­sel om­dat die fyn plant­jie vin­nig weg­kook.

Daar was groot op­ge­won­den­heid wan­neer die veld­kool­tjies pluk­baar was, want dan het ’n heer­li­ke mid­dag­uit­stap­pie om te gaan pluk, ge­volg. Soos die man­na in die By­bel­se Groot T­rek, het die kok­ke ge­glo veldkool moet vars ge­pluk, vars ge­kook en da­de­lik ge­ëet word om reg aan dié fyn eet­wa­re te laat ge­skied.

Op ’n heer­li­ke son­skyn­mid­dag, ge­woon­lik oor ’n na­week, is ’n fles kof­fie met eet­goed daar­by in ’n mand­jie ge­pak en is ek, my ma en my jon­ger neef — wat meer soos my broer is — en die twee hon­de die kop­pie ag­ter ons huis uit om die kool te gaan pluk.

Om een ki­lo­gram kool te pluk, soos die re­sep in Boe­re­kos aan­dui, ver­eis baie pluk­werk en ’n kind raak maar gou ver­veeld van die­self­de werk oor en oor doen. Vir af­wis­se­ling het ons dan toe­stem­ming ge­kry om vi­ool­tjies te pluk. Maar be­waar ons sie­le as ons die bol­le­tjies saam met die vi­ool­tjies uit-

ge­trek het. Dít moes ons sum­mier te­rug in die grond druk. Die groot wor­tel voor ons neus wat ons laat aan­hou pluk het, was die eet­goed in die mand­jie wat ons eers kon kry as die pluk­ses­sie ver­by was.

On­ge­luk­kig is daar­die kop­pie, waar ons so­veel ge­not­vol­le speel­u­re kon deur­bring, van­dag op­ge­deel in er­we, hui­se is ge­bou en word steeds ge­bou so­dat die vi­ool­tjies en veldkool in die om­ge­wing feit­lik on­ver­kryg­baar is. Ek ver­trou daar is nog oop vel­de waar veldkool vry­lik be­skik­baar is.

In­tus­sen eet ons maar boon­tjie­bre­die en hier op S­tel­len­bosch is ons be­voor­reg om in die win­ter dik­wels wa­ter­blom­me­tjies te koop te kry, wat ’n plaas­ver­van­ger vir veld­kool­bre­die is.

Nog­maals dan­kie vir die on­der­hou­den­de ar­ti­kels; nie net in die Boe­re­kos- uit­ga­wes nie, maar ook in Land­bou­week­blad wat week­liks vir lek­ker lees­stof sorg. BELIA OLIVIER S­tel­len­bosch

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.