Gem­mer­bier

Landbou Boerekos - - Briewe -

(Uit die kom­buis van Mie­mie van Zyl) 3 x 2 li­ter-bot­tels 750 ml sui­ker 9 ml elk kre­me­tart en wyn­steen­suur 1 bot­tel (20 ml) ja­mai­ka­gem­mer 750 ml lou­warm wa­ter 1 pak­kie (10 g) kits­gis

Sit die drie bot­tels op ’n werks­op­per­vlak neer. Meng die sui­ker, kre­me­tart en wyn­steen­suur en ver­deel die meng­sel pre­sies ge­lyk tus­sen die drie bot­tels. Maak die gem­mer met die lou­warm wa­ter aan en giet 250 ml (1 k) van die meng­sel in el­ke bot­tel. Gooi nou 5 ml (1 tee­le­pel) kits­gis in el­ke bot­tel (moe­nie die bot­tels skud nie). Vul nou die bot­tels met lou­warm wa­ter tot 5 cm van bo. Druk die bot­tels se ma­gies ver­sig­tig in tot die vloei­stof in die nek lê en ver­se­ël met die prop­pe. Laat die bot­tels vir 2 uur op ’n warm plek staan. Die bot­tels sal “uit­ge­sit” wees. Ver­koel oor­nag in ’n ys­kas. Le­wer 6 li­ter gem­mer­bier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.