’N GAWE GESKENK

Landbou Boerekos - - Briewe -

Ek het vir we­ke aan­een by die tyd­skrif­rak ver­by­ge­loop en met ver­lan­gen­de oë na hier­die Boe­re­kos- uit­ga­we ge­kyk, maar is ver­bied om hom te koop. ’n Vriend uit Pot­chef­stroom was op pad na ’n Wes­kus-va­kan­sie met die be­lof­te van die nu­we Boe­re­kos en die op­drag: “Jy mag hom nie self koop nie!”

’n Ruk la­ter het ek uit­ein­de­lik, na­dat ek baie wils­krag be­oe­fen het, met hom in die hand ge­staan. Wat’non­ge­loof­li­ke­uit­ga­we! Ek­he­tin2014 in­dieSwart­land­ko­m­af­treeen­ek­ver­slind­die­ge­sel­sies, in­lig­ting en kos­se van Na­ma­kwa­land en Wes­kus in uit­ga­we 8! Die ein­ste vriend by wie ek hier­die won­der­li­ke geskenk ge­kry het, is gaan­de oor vla­koek. My boek lê reeds oop op bl. 53 — mô­re bak ek hom! Dan­kie, Land­bou­week­blad. Mag nog ve­le Boe­re­kos- uit­ga­wes die lig sien! RIX ERASMUS Mal­mes­bu­ry

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.