Hoen­der-sam­pi­oen-en­spi­na­sie­pas­tei

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Pas­tei is nie net win­ter­kos nie. Met ’n vin­ni­ge vars slaai daar­by, maak dit ’n smul­lek­ker so­mere­te. Met dié mak­li­ke pas­tei kan jy ’n groot ta­fel vol men­se kos gee.

Maas­kaas­deeg 625 ml koek­meel 5 ml sout 250 g koue bot­ter of vol­vet­mar­ga­rien, in blok­kies ge­sny 250 ml ge­room­de maas­kaas Paar drup­pels ys­wa­ter

Vul­sel 1 hoen­der­af­trek­sel­blok­kie 45 ml bot­ter 45 ml koek­meel 500 ml warm hoen­der­af­trek­sel 125 ml room of melk 15 ml o­lie 1 groot ui, fyn ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 3 re­pe bladspek, fyn ge­snip­per 250 g bruin sam­pi­oe­ne, ge­snip­per 750 g gaar hoen­der, ge­vlok 600 g ba­bas­pi­na­sie, baie fyn ge­kerf Sout, vars ge­maal­de swart­pe­per en tie­mie na smaak 1 ei­er, ge­klits 30 ml melk

Maak die deeg in ’n voed­sel­ver­wer­ker: Ver­werk die meel en sout saam. Voeg die bot­ter of mar­ga­rien by en pols tot krum­mel­rig. Voeg die maas­kaas by en pols tot net ge­meng (voeg ’n paar drup­pels ys­wa­ter by in­dien no­dig, om die klam krum­mels aan me­kaar te laat vas­kleef). Keer die deeg uit op ’n stuk kleef­plas­tiek, druk plat­ter en ver­koel tot no­dig. (Die deeg hou lank in die ys­kas en vries ook goed.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.