Hoen­der­roer­braai met spi­na­sie

Landbou Boerekos - - Kookslim -

B­lits­vin­nig om voor te be­rei en prop­vol geur. Jy kan ook an­der groen groen­te pleks van die spi­na­sie ge­bruik. Broc­co­li of as­per­sies is heer­lik saam met die soet, kle­we­ri­ge sous.

8 hoen­der­bor­sies, son­der vel en been 30 ml heu­ning 30 ml so­ja­sous 45 ml rooi­wyn­a­syn 15 ml ge­ras­per­de, vars gem­mer 30 ml suur­le­moen­sap 1 rooi brand­ris­sie, ont­pit en fyn ge­kap 15 ml o­lie Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per na smaak

Sny die hoen­der­bor­sies in dun re­pies. Meng die heu­ning, so­ja­sous, a­syn, gem­mer, suur­le­moen­sap en brand­ris­sie saam en giet oor die hoen­der­re­pies. Be­dek en ver­koel vir min­stens 1 uur. Haal uit die ys­kas en laat dit ka­mer­tem­pe­ra­tuur be­reik. Ver­hit die o­lie in ’n pan of wok tot baie warm. S­kep die hoen­der­re­pies met ’n gaat­jies­le­pel of tang uit die ma­ri­na­de en laat goed af­drup voor jy die re­pies in lot­te in die baie warm o­lie bruin braai. Geur met sout en pe­per na smaak. Voeg die spi­na­sie (of an­der groen­te) by en roer­braai vir ’n paar se­kon­des. Voeg die res van die ma­ri­na­de by en roer­braai tot kle­we­rig. Sit voor op ge­stoom­de, wit rys of noe­dels. Le­wer 6 por­sies. R Rek die re­sep deur ek­stra groen­te ( (soos broc­co­li- en blom­kool, ge­kerf­de blaar­kool, wor­tel­re­pies of ge­snip­per­de murg­pam­poen­tjies) by te voeg. Jy kan ook gaar noe­dels saam met die hoen­der en groen­te roer­braai vir ’n mak­li­ke al­les-in-een ete.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.