Ge­vul­de hoen­der­bor­sies

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Ja, jy kan smul­lek­ker, geu­ri­ge kos met net vyf be­stand­de­le maak. Jy kan ook die pe­kan­neu­te met ont­pit­te, ge­kap­te o­ly­we ver­vang in­dien ver­kies.

6 hoen­der­bor­sies Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per Hal­we hou­er (on­ge­veer 115 ml) glad­de maas­kaas Hal­we pak­kie (50 g) fyn­ge­kap­te, ge­roos­ter­de pe­kan­neu­te 1 pak (250 g) bladspek

Voor­ver­hit die oond tot 200 ºC en smeer ’n oond­bak goed met o­lie. Laat die hoen­der­bor­sies op ’n kap­plank lê en be­dek met kleef­plas­tiek. Kap el­ke bor­sie lig­gies met ’n koek­rol­ler of an­der swaar voor­werp om dit ef­fens plat­ter te slaan, maar nie so plat soos vir ’n schnit­zel nie. Ver­wy­der die kleef­plas­tiek. Maak nou ’n snit in el­ke bor­sie so­dat jy die hoen­der­bor­sies kan oop­vlek. (Wees ver­sig­tig om nie dwars­deur te sny nie.) Geur die hoen­der­bor­sies, ook die bin­ne­kan­te, goed met sout en pe­per. Meng die maas­kaas en pe­kan­neu­te goed en s­kep ’n le­pel daar­van op el­ke oop­ge­vlek­te hoen­der­bor­sie. Smeer die maas­kaas­meng­sel e­ga­lig oor die vleis. Vou die hoen­der­bor­sies toe en draai el­ke bor­sie in ’n stuk bladspek toe. Pak in die oond­bak en bak vir on­ge­veer 30 mi­nu­te, of tot deur­gaar. Sny in dik sky­we en sit voor op koes­koes met groen­te of slaai van jou keu­se. Le­wer 6 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.