Hoen­der­le­wers met spek en pa­pri­ka

Landbou Boerekos - - Kookslim -

As jy van hoen­der­le­wer­tjies hou, sal dié ge­reg jou jou vin­gers laat af­eet. Sit dit voor met bros aar­tap­pel­sky­fies of een­vou­dig op ’n dik sny wit­brood. Dit is net so lek­ker as ’n pas­ta­sous.

1 ui, grof ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 30 ml o­lie 4 re­pe spek­vleis, ge­snip­per 1 hou­er (250 g) hoen­der­le­wers, skoon­ge­maak 5 ml pa­pri­ka 200 ml room Sout en pe­per na smaak

Braai die ui en knof­fel in die o­lie tot sag. Voeg die spek by en braai ver­der tot gaar. S­kep die spek-en­ui­e­meng­sel uit die pan en braai die hoen­der­le­wers in die oor­bly­wen­de o­lie tot net-net gaar. S­kep die spek­meng­sel te­rug in die pan en voeg die pa­pri­ka by. Braai vir nog ’n paar mi­nu­te en voeg die room by. Laat dit vir ’n paar mi­nu­te prut en geur met sout en vars ge­maal­de swart­pe­per na smaak. Le­wer 2 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.