Spek-en-sam­pi­oen­pas­ta

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Ge­rook­te vark­spek en bruin sam­pi­oe­ne is ’n wen­kom­bi­na­sie. Dik­wels hou kin­ders nie van die smaak van blou­kaas nie. Ver­vang dit dan met ’n an­der soort kaas.

1 pak (500 g) pas­ta van jou keu­se 1 pak (250 g) spek­vleis, ge­snip­per 1 ui, fyn ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­kap 30 g bot­ter 500 g bruin sam­pi­oe­ne, fyn ge­sny Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per na smaak 30 ml koek­meel 3 ml mos­terd­poei­er 750 ml warm melk 60 ml ge­krum­mel­de blou­kaas Ge­kap­te pie­ter­sie­lie, om oor te sprin­kel

Kook die pas­ta in ’ n groot pot vin­nig ko­ken­de sout­wa­ter tot gaar, maar ferm. Braai die spek, ui en knof­fel in die bot­ter tot die ui en spek gaar is. Voeg die sam­pi­oe­ne by en braai ver­der tot gaar. (Na­ma­te die sam­pi­oe­ne gaar word, sal daar baie vloei­stof in die pan wees. Moe­nie be­kom­merd wees nie, dit moet so lyk.) So­dra die sam­pi­oe­ne gaar is, sprin­kel die sout, pe­per, meel en mos­terd­poei­er e­ga­lig oor. Roer tot die meng­sel bor­rel en voeg dan die warm melk bie­tjie vir bie­tjie by. Prut, ter­wyl jy roer, tot die sous ver­dik en gaar is. Voeg die blou­kaas by en roer deur. Meng die sous en pas­ta en s­kep in ’ n op­dien­bak. Sprin­kel pie­ter­sie­lie oor en sit voor met slaai. Le­wer 8 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.