JOHN G­RIF­FIT­HS

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Mnr. John G­rif­fit­hs van G­rif­fit­hs­boer­de­ry, Noord­wes se Jong­boer van die Jaar, ver­bou ne­ge ge­was­se op so­wat 500 ha grond. Hy be­nut ’n stra­te­gies be­skik­ba­re tyd op die mark om bot­ter­skor­sies aan die vars­pro­duk­te­mark­te te le­wer.

Waar­om plant jy bot­ter­skor­sies?

As ons in die so­mer by­na klaar is en ons lan­de­rye (waar­op on­der meer spi­na­sie of kool ver­bou word) raak be­skik­baar, plant ons laat in die sei­soen bot­ter­skor­sies. Dit groei vin­nig en so­doen­de kan ons ’n twee­de oes van die­self­de land af kry. Dit duur so­wat 80 dae voor oes­tyd aan­breek. Ons moet teen ein­de Ja­nu­a­rie be­gin briek aan­draai met die plan­te­ry, an­ders raak dit te laat. (John boer on­der meer ook met drie soor­te mie­lies, spi­na­sie, kool, dro­ë­bo­ne en ko­ring of ha­wer.)

Hoe­veel bot­ter­skor­sies ver­bou jy per jaar?

Dit hang af van hoe­veel grond ons be­skik­baar het, maar ons be­plant ge­woon­lik 4 ha tot 5 ha op ’n slag. Ons ge­mid­del­de op­brengs is 40 t/ha tot 50 t/ha.

Wat­ter kul­ti­var plant jy? Die stan­daard­kul­ti­var Walt­ham.

Wat­ter kli­maat is ge­skik vir hier­die pam­poen­tjies?

Bot­ter­skor­sies is ’n so­mer­ge­was. Dis ge­voe­lig vir koue en moet glad nie in die win­ter of in ge­bie­de wat ryp kry, ge­plant word nie. Dit soek boon­op ge­noeg hit­te-een­he­de. Ons het ge­vind dit vaar die bes­te op goeie leem­grond. Bot­ter­skor­sies wil ook ge­noeg wa­ter hê, daar­om be­sproei ons el­ke week.

Waar be­mark jy die bot­ter­skor­sies?

Na­dat ons ge­oes het, word die skor­sies sil­wer­skoon ge­was en dan in 10 kg-sak­ke ver­pak voor ons dit mark toe stuur. Ons be­mark dit op die vars­pro­duk­te­mark­te in P­re­to­ria en Jo­han­nes­burg.

Be­haal dit goeie pry­se?

Dit hang heel­te­mal van die vraag en aan­bod af, maar dis hoe­kom ons nie in die hoof­oes­tyd plant nie. Aan­ge­sien ons la­ter plant, spring ons die La­e­veld­se oes voor, maar ons is la­ter as die hoof­oes­tyd in ons streek. Dit help dat ons be­ter pry­se kry.

Het jy e­ni­ge wen­ke vir men­se wat tuis bot­ter­skor­sies in hul groen­te­tui­ne wil plant?

Dit moet in vol son in ’n groen­te­tuin ge­plant word en nie te dig op me­kaar nie so­dat daar ge­noeg plek vir die plan­te is om te rank. Ek sou ook 2:3:2-kuns­mis voor die tyd by die grond in­werk. Kal­si­um is be­lang­rik vir pam­poe­ne, daar­om sal jou tuin baat vind by ’n bie­tjie been­meel. Hou jou oë oop vir steek- en pam­poen­vlieë wat die jong pam­poen­tjie aan­val en laat vrot — dit is ook een van ons groot pro­ble­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.