Bot­ter­skor­sie-en-fe­ta­pas­ta met ba­si­lie-o­lie

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Die kom­bi­na­sie van soet bot­ter­skor­sie, sout, ro­me­ri­ge kaas en vars ba­si­lie­kruid is een van die bes­tes.

1 mid­del­slag-bot­ter­skor­sie, ge­skil, pit­te ver­wy­der en in blok­kies ge­sny 1 ui, in dun wig­gies ge­sny 3 knof­fel­hui­sies, in skil Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per 5 ml fyn ko­myn 300 g pas­ta van jou keu­se 2 wie­le fe­ta­kaas 125 ml vars ba­si­lie­kruid­bla­re 100 ml o­lyf­o­lie Wig­gie suur­le­moen Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per na smaak

Voor­ver­hit die oond tot 200 ºC en s­kep die bot­ter­skor­sie, uie en knof­fel in ’n oond­bak. Geur goed met sout en pe­per en sprin­kel die ko­myn oor. Meng lig­gies. Oond­roos­ter vir on­ge­veer 30 mi­nu­te, of tot die bot­ter­skor­sie gaar is en die hoe­kies be­gin ver­kleur. S­kep die ge­roos­ter­de knof­fel­hui­sies uit en hou een­kant. Kook in­tus­sen die pas­ta in ’n pot vin­nig ko­ken­de sout­wa­ter tot gaar, maar steeds ferm. Meng die pas­ta met die ge­roos­ter­de groen­te en krum­mel die fe­ta­kaas grof oor. Sit die helf­te van die ba­si­lie­kruid­bla­re in ’n ste­wi­ge be­ker en kneus dit met die ag­ter­kant van ’n hout­le­pel. Voeg die o­lie by en hou aan die bla­re met die hout­le­pel kneus om so­doen­de die o­lie te geur. Druk ’n wig­gie suur­le­moen oor die ba­si­lie­kruid­bla­re in die o­lie en meng dit goed. Druip die suur­le­moen­ba­si­lie­kruid­o­lie oor die pas­ta­ge­reg. Kap die res van die ba­si­lie­kruid­bla­re fyn en sprin­kel dit oor. Geur met sout en pe­per en sit voor. Le­wer 4 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.