Spek-en-spi­na­sie­pas­ta met goue krum­mel­laag

Landbou Boerekos - - Kookslim -

500 g (1 pak) pas­ta van jou keu­se 15 ml o­lie 1 pak (250 g) spek­vleis, ge­snip­per 1 ui, ge­kap 3 knof­fel­hui­sies, fyn ge­kap 30 ml koek­meel 500 ml melk 600 g spi­na­sie, ge­was en fyn ge­snip­per Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per

2 snye dag oue bruin­brood 60 ml ge­smel­te bot­ter

Voor­ver­hit die oond tot 180 ºC. Kook die pas­ta in ’n groot ka­strol met vin­nig ko­ken­de wa­ter tot gaar, maar steeds ferm. Ter­wyl die pas­ta kook, ver­hit die o­lie in ’n pan en voeg die spek­vleis by. Braai die spek tot gaar, maar nie bros nie. Voeg die ui en knof­fel by en braai tot die ui sag is. Sprin­kel die meel oor en ver­hit tot die meng­sel bor­rel. Voeg die melk by en ver­hit, ter­wyl ge­roer word, tot kook­punt. Prut, ter­wyl jy roer, tot die sous ef­fens ver­dik is. Ver­wy­der van die hit­te en roer die spi­na­sie by. D­rei­neer die pas­ta goed en voeg dit ook by. S­kep in ’n oond­bak. Ver­werk die brood in ’n voed­sel­ver­wer­ker tot krum­mel­rig en voeg die ge­smel­te bot­ter by. Pols vir nog ’n paar se­kon­des. S­kep die krum­mels op die pas­ta en bak vir 2030 mi­nu­te tot die pas­ta bor­re­lend en die krum­mels bros en goud­bruin is. Sit voor met slaaie van jou keu­se. Le­wer 6 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.