Lint­noe­dels met ro­me­ri­ge s­te­ak-en-ta­ma­tie­sous

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Met hier­die re­sep kan jy met een s­te­ak vier men­se kos gee.

300 g lint­noe­dels van jou keu­se 30 ml o­lie 1 prei, fyn ge­sny 250 g lig­gaar s­te­ak, in dun re­pies ge­sny 30 ml pie­ter­sie­lie, fyn ge­kap Sap en skil van 1 klein suur­le­moen 2 knof­fel­hui­sies, grof ge­kap 1 blik (410 g) ge­kap­te ta­ma­ties 125 ml room Sui­ker, sout en pe­per na smaak 125 ml ge­ras­per­de par­me­saan­kaas

Kook die pas­ta in sout­wa­ter tot sag, maar steeds ferm. Ter­wyl die pas­ta kook, ver­hit die o­lie en braai die prei daar­in tot sag. Voeg die ste­ak­re­pies, pie­ter­sie­lie, sap en skil van die suur­le­moen, knof­fel en ta­ma­ties by. Roer die room en ’n bie­tjie sui­ker deur die sous. Geur na smaak met sout en vars ge­maal­de swart­pe­per. D­rei­neer die pas­ta. Meng die s­te­ak-en-ta­ma­tie­sous met die gaar pas­ta. Sit voor saam met par­me­saan­kaas. Le­wer 4 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.