Tu­na-en-as­per­sie­pas­ta

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Hal­we pak (250 g) pas­ta 125 g ker­sie­ta­ma­ties 1 wiel fe­ta­kaas, ge­krum­mel 45 ml o­lyf­o­lie of bot­ter 2 mid­del­slag-uie, fyn ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­kap 1 blik (170 g) tu­na, goed ge­drei­neer 30 ml koek­meel 1 blik (430 g) as­per­sie­stuk­kies 180 ml melk Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per

Voor­ver­hit die oond tot 200 ºC. Kook die pas­ta tot gaar, maar steeds ferm. Hal­veer die ker­sie­ta­ma­ties en meng dit met die ge­krum­mel­de fe­ta­kaas. Hou een­kant. Ter­wyl die pas­ta kook, braai die uie en knof­fel in die o­lyf­o­lie of bot­ter. Voeg die tu­na by en braai vir ’n paar se­kon­des. Sprin­kel die koek­meel oor en braai, ter­wyl jy roer, tot die meng­sel bor­rel. D­rei­neer die as­per­sies en gooi die as­per­sie­vloei­stof in ’n maat­be­ker (jy be­hoort 180 ml vloei­stof te kry). Voeg die as­per­sie­vloei­stof by die tu­na­meng­sel in die pan en ver­hit, ter­wyl jy roer tot die sous be­gin ver­dik en prut. Voeg nou die melk by en ver­hit weer tot kook­punt. Prut vir 3 mi­nu­te ter­wyl jy roer. Voeg die as­per­sie­stuk­kies by en geur goed met sout en pe­per. Kook die sous vir ou­laas deur.

So­dra die pas­ta gaar is, d­rei­neer dit en voeg dit by die tu­na-en-as­per­sie­sous. Meng deur en s­kep in ’n oond­bak. S­kep die ta­ma­tie-en-fe­ta­kaas­meng­sel bo-op en bak vir 20 mi­nu­te tot die ta­ma­ties goed ge­roos­ter en die pas­ta deur­warm is. Le­wer 4 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.