Ge­bak­te aar­tap­pels met tu­na­vul­sel

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Dié ro­me­ri­ge tu­na­vul­sel het min vet, is ge­sond en b­lits­vin­nig om te maak. Dit is ook lek­ker oor pas­ta.

4 mid­del­slag-aar­tap­pels O­lyf­o­lie en see­sout

Tu­na­vul­sel 1 blik­kie (170 g) tu­na in wa­ter, goed ge­drei­neer Hal­we hou­er (on­ge­veer 125 g) glad­de maas­kaas 30 ml vol­room na­tuur­li­ke jo­gurt OF suur­room Fyn­ge­ras­per­de skil en sap van ’n hal­we suur­le­moen 3 a­gur­kies, baie fyn ge­snip­per Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per na smaak

Ge­snip­per­de ui, ta­ma­tie en a­gur­kie om voor te sit

Voor­ver­hit die oond tot 190 ºC en voer ’n bak­plaat uit met foe­lie. Was die aar­tap­pels en droog goed af. P­rik el­ke aar­tap­pel ’n paar keer met ’n vurk en vryf dan goed in met o­lyf­o­lie. Sprin­kel see­sout oor el­ke aar­tap­pel en vryf dit ook e­ga­lig oor die aar­tap­pels. Plaas die aar­tap­pels op die bak­plaat en bak vir on­ge­veer 1 uur (die bak­tyd sal af­hang van die groot­te van die aar­tap­pels), tot die skil­le goud­bruin en bros en die aar­tap­pels sag is. Haal uit die oond en rol el­ke aar­tap­pel lig­gies tus­sen jou han­de in ’n va­doek (dit ver­oor­saak dat die bin­ne­kant sag en don­sig is en nie ferm, soos ge­kook­te aar­tap­pels, nie). Vir die vul­sel: Meng die tu­na, maas­kaas, jo­gurt of suur­room, suur­le­moen­skil- en sap en a­gur­kies saam. Geur na smaak met sout en vars ge­maal­de swart­pe­per.

Sny ’n kruis bo-op el­ke aar­tap­pel en druk lig­gies so­dat die kruis ef­fens oop­maak. Geur lig­gies met sout en pe­per. S­kep die tu­na­vul­sel op el­ke aar­tap­pel, geur na smaak en rond af met ’n bie­tjie ge­snip­per­de ui, ta­ma­tie en a­gur­kie. Sit da­de­lik voor. Le­wer 4 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.