B­lit­si­ge stok­vis­ker­rie

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Hier­die re­sep is uit nood ge­bo­re toe ek een aand iets vir aand­e­te moes op­to­wer, maar my vries­kas niks be­hal­we ’n pak stok­vis op­ge­le­wer het nie. Die ker­rie smaak as­of jy ure daar­aan be­stee het. Nie­mand sal jou glo dat dit let­ter­lik 10 mi­nu­te ge­duur het om saam te slaan en dat ’n paar blik­kies deel is van die be­stand­de­le-lys nie. Die ta­ma­tie-en-ui­e­sal­sa sorg vir ’n vars geurin­spui­ting en ba­lan­seer die teks­tu­re van die ge­reg per­fek.

15 ml o­lyf­o­lie of bot­ter 2 uie, dun ge­sny 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 1 blik (420 g) ma­ti­ge cha­ka­la­ka 1 blik (440 g) klap­per­melk Sout, pe­per en sui­ker na smaak 4 por­sies stok­vis

Ta­ma­tie-en-ui­e­sal­sa 1 ui, baie fyn ge­kap 3 ta­ma­ties, pit­te ver­wy­der en fyn ge­snip­per 60 ml fyn­ge­kap­te, vars kol­jan­der­bla­re Sout, wit­pe­per en ’n knip­pie strooi­sui­ker S­pat­sel wit a­syn of vars suur­le­moen­sap

Ver­hit die o­lyf­o­lie of bot­ter in ’n pan en braai die uie daar­in tot sag. Voeg die knof­fel by en braai vir ’n paar se­kon­des. Voeg die cha­ka­la­ka en klap­per­melk by en ver­hit tot kook­punt. Prut die sous tot dit ef­fens af­ge­kook is en geur na smaak met sout, pe­per en ’n knip­pie sui­ker. Sit die por­sies stok­vis in die sous en be­dek. Laat prut ver­der vir on­ge­veer 6 mi­nu­te, of tot die vis gaar is en mak­lik vlok. Meng die ui, ta­ma­ties, kol­jan­der­bla­re, sout, pe­per, strooi­sui­ker en a­syn of suur­le­moen­sap. Sit die vis­ker­rie voor met ge­stoom­de rys, s­kep van die sous oor en rond af met ’n skep­pie van die sal­sa. Le­wer 4 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.