Vis in veer­lig­te bier­be­slag

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Mak­li­ker en een­vou­di­ger kry ’n mens moei­lik, maar daar is iets so luuks en lek­kers aan ’n per­fek ge­braai­de vis­fi­let met ’n bros, goud­bruin kos. Hier­die kors is ek­stra lig en lek­ker oor die ge­klop­te ei­er­wit daar­in. As jy nie bier in die be­slag wil ge­bruik nie, kan jy dit met so­da­wa­ter ver­vang. Jy kan ook die meel met vis­ma­sa­la geur vir ’n baie be­son­der­se geur. Pro­beer dit som­mer hier­die na­week nog!

Bier­be­slag 250 ml bruis­meel 3 ml sout 250 ml bier (of so­da­wa­ter) 2 ei­er­wit­te, styf ge­klits

O­lie, vir braai 6 ferm wit­vis­fi­let­te (elk­een groot ge­noeg vir ’n por­sie) Sout en a­syn, om oor te sprin­kel

Meng die meel en sout in ’n bak. Voeg die bier of so­da­wa­ter by en meng deur. Vou die styf­ge­klits­te ei­er­wit­te in. Sorg dat jou o­lie goed warm is. Doop die vis­fi­let­te in die be­slag en maak se­ker die he­le por­sie is be­dek. Braai die fi­let­te vir ’n paar mi­nu­te in warm o­lie tot bros en goud­bruin. S­kep uit en d­rei­neer op kom­buis­pa­pier. Geur met sout en a­syn en sit da­de­lik voor met aar­tap­pel­sky­fies of lek­ker slaaie. Le­wer 6 por­sies.

VARIASIE: As jy jong kin­ders in die huis het, word daar waar­skyn­lik ge­reeld vir vis­vin­gers vir aand­e­te ge­vra. Ek hou daar­van om dit self te maak. As jy nie lus is om die vis­por­sies in ei­er te doop en dan te krum­mel nie, pro­beer dit met hier­die re­sep se be­slag, maar ver­vang die bier met so­da­wa­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.