Kors­lo­se qui­che met sar­dy­ne en groen­te

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Hier­die e­ko­no­mie­se qui­che is vin­nig om te maak om­dat dit geen kors het nie. En dit is prop­vol pro­te­ïe­ne.

1 ui, ge­kap 3 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 20 ml o­lie 5 murg­pam­poen­tjies, ge­snip­per 30 ml koek­meel 250 ml-375 ml lou­warm melk Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per na smaa k 4 eiers, ge­klits 1 blik (400 g) sar­dy­ne in ta­ma­tie­of ris­sie­sous

Voor­ver­hit die oond tot 180 ºC. Braai die ui en knof­fel in ’n bie­tjie o­lie tot sag. Voeg die ge­snip­per­de murg­pam­poen­tjies by en braai tot am­per sag. Sprin­kel die koek­meel oor en roer tot dit bor­rel. Voeg die warm melk by en ver­hit, ter­wyl ge­roer word, tot kook­punt. Prut vir 1-2 mi­nu­te ter­wyl jy roer. Ver­wy­der van die hit­te en geur na smaak met sout en pe­per. Laat ef­fens af­koel. Klits die eiers en roer dit sta­dig by. Ver­deel die meng­sel tus­sen vier ge­smeer­de bak­kies (of s­kep dit in ’n mid­del­slag-oond­bak). Vlok die sar­dy­ne grof en s­kep dit op die vul­sel. S­kep e­ni­ge o­ri­ge sous uit die blik oor. Bak vir 30 mi­nu­te, laat dit vir 5 mi­nu­te af­koel en sit voor met slaaie van jou keu­se. Le­wer 4 por­sies. Jy kan dié re­sep ge­bruik as ba­sis vir ee­ni­ge vin­ni­ge, kors­lo­se qui­che. Ge­bruik all daar­die bie­tjie oor­skiet in jou ys­kas op. Span oor­skiet-boe­re­wors, -vark­wor­sies, -spek­vleis of -hoen­der in, pleks van sar­dy­ne. Of ver­vang die murg­pam­poen­tjies met an­der groen­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.