SÓ SÊ ’N AVOKADOBOER ZANDER ERNST

Landbou Boerekos - - Kookslim - T­za­neen, Lim­po­po

Mnr. Zander Ernst het in 2009 by die fa­mi­lie-on­der­ne­ming Al­les­be­ste­boer­de­ry bui­te T­za­neen aan­ge­sluit. Die Ernst-fa­mi­lie se hoof­ge­was is a­vo­ka­do’s. Hul­le be­dryf ook Suid-A­fri­ka se naas­groot­ste a­vo­ka­dok­we­ke­ry, waar hul­le die plant­te­lers­reg­te vir ’n eg SuidA­fri­kaan­se a­vo­ka­do­kul­ti­var hou.

Hoe­veel a­vo­ka­do’s ver­bou jul­le en waar word dit be­mark?

Ons ver­bou so­wat 2 000 ton a­vo­ka­do’s per jaar, waar­van 50% tot 70% na Eu­ro­pa en B­rit­tan­je uit­ge­voer word. Dit wat oor­bly, word plaas­lik aan die “bak­kie­mark” (smou­se), mu­ni­si­pa­le mark­te en su­per­mark­te ver­koop.

Hoe lank is die a­vo­ka­do­sei­soen?

In Suid-A­fri­ka is die sei­soen van Fe­bru­a­rie tot Ok­to­ber. In die ver­le­de het die land bui­te die sei­soen baie a­vo­ka­do’s uit S­pan­je, Eu­ro­pa en C­hi­li in­ge­voer, maar nou be­gin boere la­ter plant én oes. Daar kom dees­dae klei­ner vo­lu­mes uit die Oos-Kaap in De­sem­ber. Die boer­de­ry­maat­skap­py ZZ2 het grond waar­op hy bui­te die ge­wo­ne sei­soen kan oes. Van Ok­to­ber tot Ja­nu­a­rie word plaas­lik nie baie a­vo­ka­do’s ver­bou nie dan is die pry­se baie hoog, soos van­jaar ge­beur het.

Wat is die Ma­lu­ma-a­vo­ka­do en waar­om is dit ’n goeie keu­se vir jul boer­de­ry?

Dis ’n eg Suid-A­fri­kaan­se Hass-ti­pe- (swart skil) kul­ti­var wat ons se­dert 1997 ver­bou, maar die kom­mer­si­ë­le pro­duk­sie daar­van het min of meer in 2007 be­gin. Dit is tans die pro­duk­tief­ste kul­ti­var. Dit het ook voor­de­le vir die ver­brui­ker, soos ’n goeie rak­le­we (ons het al tot tien dae uit hom ge­kry) en ’n klein pit. Ma­lu­ma het ook ’n ef­fens dik­ker skil, wat dit teen kneus­plek­ke be­skerm. Dié kul­ti­var word ook in Aus­tra­lië, Nieu-See­land, S­pan­je, Pe­ru, E­gip­te en die Fi­lip­py­ne aan­ge­plant.

In wat­ter kli­maat flo­reer a­vo­ka­do’s?

Par­ty kul­ti­vars, soos die Ma­lu­ma, vaar be­ter in ’n ef­fens war­mer kli­maat, maar ons het ook ag­ter­ge­kom an­der kul­ti­vars le­wer be­ter oes­te op plek­ke waar die mak­si­mum tem­pe­ra­tuur nie so hoog is nie. Wat a­vo­ka­do’s op­win­dend maak, is dat ons die kli­maat se strui­kel­blok­ke ge­ne­ties kan ta­kel. In die ver­le­de kon ons nie a­vo­ka­do’s plant waar dit ryp kry nie, maar Ma­lu­ma is ryp­be­stand.

Wat is jou groot­ste pro­bleem?

Die kom­mer­si­ë­le a­vo­ka­do­be­dryf in SuidA­fri­ka het eint­lik eers die af­ge­lo­pe 10 tot 15 jaar pos­ge­vat. Dis dus ’n jong be­dryf en ons leer nog hoe om op so ’n groot skaal met a­vo­ka­do’s te boer. Daar is nog nie de­fi­ni­tie­we be­sproei­ings- of snoei­rig­ly­ne be­skik­baar nie. Al­les word nog ge­for­mu­leer.

Die Al­les­bes­te-pad­stal is wyd be­kend. Hoe help dit die boer­de­ry?

Die groot­ste waarde van ons pad­stal lê se­ker in die be­mar­king wat dit vir die gro­ter boer­de­ry doen. Dis ook waar­de­vol as ’n af­set­punt, ver­al vir ons pie­sangs. Dit bied ons die ge­leent­heid om fa­brieks­graad-a­vo­ka­do’s, waar­voor ons maar R1/kg sou kry, teen ’n ef­fens be­ter prys (R2/kg tot R4/kg) aan die bak­kie­mark te ver­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.