Gem­mer­bier-flen­ter­vark

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Die vark prut sta­dig in die a­ro­ma­tie­se af­trek­sel tot die vleis met ’n vurk ge­pluis kan word. Flen­ter­vark is baie veel­sy­dig en jy kom ver met ’n klein bie­tjie vleis, ver­al as jy dit op brood­rol­le­tjies met slaai voor­sit, in pan­ne­koek toe­draai, of smul­lek­ker na­cho’s daar­mee maak!

1,2 kg stuk vark­boud of –skou­er 2 li­ter gem­mer­bier 125 ml so­ja­sous 4 knof­fel­hui­sies Groot knyp see­sout 1 ka­neel­stok Wa­ter, in­dien no­dig Sout en swart­pe­per na smaak Ge­snip­per­de gras­uie, suur­room en vars kol­jan­der, om voor te sit.

Sit die vark in ’n ka­strol en voeg die gem­mer­bier, so­ja­sous, knof­fel­hui­sies, sout en ka­neel­stok by. Ver­hit tot kook­punt en prut nou lank en sta­dig, vir on­ge­veer 3 uur, tot die vark só sag is dat dit uit­me­kaar be­gin val. Hou jou oog deur­gaans op die ka­strol en vul die vloei­stof aan met wa­ter na­ma­te dit af­kook. Haal die vark uit die ka­strol, laat vir so­wat 15 mi­nu­te af­koel en pluis die vleis dan grof met ’n vurk. Kook die af­trek­sel, waar­in die vleis ge­prut het, af tot dit ef­fens be­gin ver­dik en stro­pe­rig word. Geur met sout en swart­pe­per na smaak en giet die af­trek­sel te­rug oor die ge­pluis­de vleis. Gar­neer met die gras­uie, suur­room en kol­jan­der. Le­wer 8-10 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.