VICKIE BRUWER

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Mnr. Vickie Bruwer en sy seuns, Han­nes, Ger­hard en Vickie jr., se fa­mi­lie­boer­de­ry Ge­na­de lê in die hart van Suid-A­fri­ka se be­sproei­ings­ge­bied (langs die Vaal-, Oran­jeen Rie­t­ri­vier). Daar ver­bou en le­wer hul­le ’n groot boe­veel­heid pro­duk­te — van mie­lies en ko­ring tot aar­tap­pels, ka­toen, saads­on­ne­blom­me, grond­bo­ne en pe­kan­neu­te. Pa Vickie ver­tel meer van hul aar­tap­pel­ver­tak­king.

Wat maak jul ge­bied so ge­skik vir aar­tap­pel­pro­duk­sie?

Dit is warm en droog in ons om­ge­wing. Die siek­te­druk is dus laag. Ons het ook baie nu­we grond, wat nie siek­tes het nie en die wa­ter­ge­hal­te van die Oran­je­ri­vier is ont­set­tend goed.

Le­wer jul­le vir die vars mark of vir ver­wer­king?

Ons le­wer so om die helf­te vir die vars mark en vir die ver­wer­kings­maat­skap­py M­cCain (ver­wer­kings­aar­tap­pels). Dit help om die ri­si­ko te ver­deel. Ons plant el­ke jaar aar­tap­pels op so­wat 100 ha.

Plant jul­le spe­si­fie­ke kul­ti­vars?

Ons plant die kul­ti­vars Up-to-Da­te en La­nor­ma. Up-to-Da­te is ’n uit­son­der­li­ke kul­ti­var vir die ver­wer­kings- en die vars mark. Ons ver­dien pre­mies daar­voor by M­cCain en op die mark, maar dit is ook vat­baar­der vir siek­tes en die op­brengs is nie so hoog nie. Die groot­ste mark vir Up-to-Da­te-aar­tap­pels is in Dur­ban, want dit is die e­nig­ste kul­ti­var wat ker­rie kan ab­sor­beer. Die In­di­ërs is dus baie lief daar­voor. La­nor­ma dra goed, maar die ge­hal­te is nie so goed nie en daar­om ver­dien ons la­er pry­se per ki­lo­gram op die vars en ver­wer­kings­mark.

Jul­le boer met ’n he­le reeks ge­was­se. Hoe­kom pas aar­tap­pels goed by dié meng­sel?

Eer­stens is dit om­dat sy in­kom­ste per hek­taar goed is. Ons kan eg­ter nie te veel aar­tap­pels aan­plant nie, want dit is ar­beids­in­ten­sief en verg goeie be­stuur. Aar­tap­pels, ’n bre­ë­blaar­ge­was, is ook goed as ’n wis­sel­bou­ge­was wat die siek­te-si­klus van mie­lies en ko­ring (al­bei fa­mi­lie van gras) kan ver­breek.

Hoe lyk die aar­tap­pel­prys?

Die prys wis­sel op en af. Ons het van­jaar baie goed met aar­tap­pels ge­vaar, want die dro­ë­land­boe­re kon weens die droog­te nie plant nie. Die vo­ri­ge jaar het weer be­son­der lae pry­se op­ge­le­wer. By M­cCain kan ons da­rem al so ’n jaar voor die tyd 20%-30% van ons oes teen ’n spe­si­fie­ke prys vas­maak.

Wat was die trots­ste oom­blik in jou boer­de­ry­loop­baan?

My drie seuns is reg­tig my trots. Hul­le boer nou saam met my en vaar baie goed. Ek wil nie sê ek staan nou op die kant­lyn nie, maar ek is nie meer so in­ten­sief be­trok­ke nie, hoe­wel ek nog baie raad gee.

Wat is jou guns­te­ling­ma­nier om ’n aar­tap­pel voor te be­rei?

Ver­al in die be­gin van die sei­soen is dit baie lek­ker om ’n vars aar­tap­pel met ’n dun skil net so op te kook en met ’n bie­tjie bot­ter en sout te eet.

Wat­ter wen­ke het jy vir men­se wat aar­tap­pels in hul groen­te­tui­ne wil plant?

Ont­hou, klein aar­tap­pel­tjies het min o­gies, maar dra groot aar­tap­pels. En groot aar­tap­pels het weer baie o­gies, maar le­wer klein aar­tap­pel­tjies op. Voor ons plant, sit ons die moe­re vir so­wat ’n maand in ’n koel­ka­mer om o­gie-groei te sti­mu­leer, maar vir jou groen­te­tuin gaan jy die bes­te en vin­nig­ste re­sul­ta­te kry as jy ’n aar­tap­pel plant wat am­per ver­ge­te in jou kos­kas ge­bly het. Dit moet am­per ver­lep­pe­rig wees, met ’n paar uit­loop­sels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.