Ge­krum­mel­de vark­tjops

Landbou Boerekos - - Kookslim -

4 groot of 8 klein vark­tjops (koop tjops wat lek­ker dik ge­sny is) Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per So­wat 80 ml meel 3 ml mos­terd­poei­er 3 eiers So­wat 500 ml droë brood­krum­mels O­lie vir vlak­braai Vars suur­le­moen­sap Aar­tap­pels Mos­terd (ge­koop­te mos­terd)

Geur die vark­tjops met sout en pe­per. Meng die meel en mos­terd­poei­er en gooi in ’n plat bak. Klits die eiers in ’n an­der plat bak. Gooi die krum­mels in ’n der­de plat bak.

Be­stuif die ge­geur­de tjops met die meel­meng­sel en skud die erg­ste meel af. Doop eers el­ke tjop in die ei­er en be­dek dit daar­na met die brood­krum­mels.

Laat rus die ge­krum­mel­de vleis in die ys­kas vir so­wat 1 uur of so­wat 20 mi­nu­te in die vries­kas.

Voor­ver­hit die oond tot 180 ºC en ver­hit die o­lie in ’n vlak pan. Braai die tjops tot groud­bruin aan al­bei kan­te en s­kep die ge­braai­de vleis bo-op ’n bak­plaat. Bak die vleis vir so­wat 15 mi­nu­te of tot gaar.

Sit voor saam met ’ n aar­tap­pel­ge­reg, slaai en mos­terd. Le­wer 4 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.