Ge­rol­de vark­nek met spi­na­sie-en-mos­terd­vul­sel

Landbou Boerekos - - Kookslim -

1 ont­been­de vark­nek van on­ge­veer 1,5 kg Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per 45 ml aan­ge­maak­te mos­terd 3-4 groot han­de vol ba­bas­pi­na­sie­bla­re 5 ml elk ka­neel, fyn gem­mer, ge­rook­te pa­pri­ka en ko­myn Hal­we bot­tel­tjie ap­pel­bier (by­voor­beeld Sa­van­na) of ’n glas wit­wyn 250 ml room

Voor­ver­hit die oond tot 180 ºC. Ge­bruik ’n skerp vleis­mes en vlek die nek oop so­dat jy ’n groot, plat stuk vleis het van on­ge­veer 3 cm dik. Laat dit op ’n werks­op­per­vlak lê, geur goed met sout en pe­per en smeer die bo­kant met ’n e­ga­li­ge la­gie mos­terd.

Pak die spi­na­sie­bla­re (dit sal ’n dik laag wees) e­ga­lig bo-op. Rol die vleis ver­sig­tig op en bind die rol el­ke 2 cm vas met ’n stuk­kie kom­buis­tou. Sit die vleis in ’n oond­vas­te bak. Meng die spe­se­rye saam en vryf dit goed oor die bui­te­kant van die vleis­rol. Giet die ap­pel­bier of wit­wyn in die oond­bak. Be­dek met ’n dub­be­le laag foe­lie en bak vir 2 uur, tot sag.

Haal die foe­lie af en be­druip die nek met die pan­sou­se. Bak oop vir ’n ver­de­re 30 mi­nu­te tot die vleis bruin ge­bak en baie sag is. Be­dek weer met foe­lie en laat rus die vleis in die pan­sou­se vir min­stens 20 mi­nu­te. Giet nou die pan­sou­se af en ver­hit dit tot kook­punt. Kook die pan­sou­se baie vin­nig tot daar on­ge­veer 125 ml oor is. Voeg 250 ml room by en ver­hit weer tot

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.