HUGO MEYER

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Mnr. Hugo Meyer en sy ven­no­te be­sit ’n boer­de­ry van so­wat 750 ha, waar­op hul­le on­der meer ’n een­heid vir 500 sôe be­dryf. Hy het ook diep spo­re in die ge­or­ga­ni­seer­de vark­be­dryf ge­trap, on­der meer as voor­sit­ter van die Pre­mier Pig Pro­du­cers en trus­tee van die Suid-A­fri­kaan­se V­leis­be­dryfs­maat­skap­py.

Met wat­ter vark­ras­se boer jy?

Ons boer met drie ras­se, die Lan­dras­moe­der­lyn, die Groot Wit-moe­der­lyn en die eer­ste krui­sing (F ) tus­sen die twee. ’n Mens het moe­der- en kar­kas­ly­ne no­dig, want vrug­baar­heid is die teen­oor­ge­stel­de van be­spie­ring en ons het die kom­bi­na­sie no­dig. ’n Moe­der­lyn-dier is mol­li­ger en le­wer meer melk om klein­tjies mee groot te maak as ’n ge­spier­de dier, wat goeie vleis op­le­wer.

Wat is die ge­heim van ’n suk­ses­vol­le vark­boer­de­ry?

’n Vark­boer­de­ry rus op vyf pi­la­re en almal is ewe be­lang­rik. Dit is be­hui­sing (of hul om­ge­wing), rant­soe­ne, teel­ma­te­ri­aal, ge­sond­heid en be­stuur. As die be­hui­sing nie reg is nie, gaan die var­ke siek word. As die rant­soe­ne nie in ba­lans is nie, gaan hul­le nie pres­teer nie . . . Al­les is dus in­me­kaar ge­vleg.

Wat voer jul­le die die­re? Die var­ke se rant­soen is ab­so­luut ge­ba­lan- seerd en tot op die mil­li­gram vir hul be­hoef­tes uit­ge­werk. Die die­re se rant­soen be­staan meest­al uit mie­lies, so­ja-o­lie­koek en se­mels. Dit be­vat ook vi­ta­mie­ne en mi­kro- en ma­kro-e­le­men­te.

Hoe werk die pro­duk­sie­pro­ses? Die be­stuur her­haal hom­self el­ke week, want daar word week­liks sôe ge­dek, klein­tjies ge­bo­re, klein­tjies ge­speen (op drie tot vier we­ke oud) en var­ke ver­koop.

Wan­neer word die var­ke ge­slag?

Ons pro­beer var­ke le­wer wat so swaar as moont­lik is. Ons doel is ’n karkas­ge­wig van 90 kg wan­neer hul­le 23 tot 24 we­ke oud is. Ons stuur hul­le na ’n slag­plaas en is nie ver­der by die ket­ting be­trok­ke nie.

Is daar an­der maat­re­ëls vir be­re?

Beer­tjies mag nie ou­er as 22 we­ke oud wees wan­neer hul­le ge­slag word nie. Daar is eg­ter dees­dae che­mie­se kas­tra­sies waar­mee ons die be­re in­spuit en dan kan hul­le ou­er word. Dit help om die geur te voor­kom wat by man­li­ke var­ke voor­kom.

Hoe be­ïn­vloed in­ge­voer­de pro­duk­te die plaas­li­ke vark­be­dryf? Daar word jaar­liks so­wat 25 000 ton vark­pro­duk­te uit Ka­na­da, A­me­ri­ka en Eu­ro­pa (ver­al die af­ge­lo­pe tyd uit Duits­land) in­ge­voer. Dis so­wat 10%-15% van die plaas­li­ke pro­duk­sie en het dus ’n re­de­li­ke in­vloed. ’n Mens moet maar daar­mee saam­leef. Dit is da­rem min­der as in die hoen­der­be­dryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.