Ge­bak­te ker­rie­maal­vleis­rol

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Toe ek op skool in die kos­huis was, het ons ge­reeld so ’n ge­bak­te maal­vleis­rol vir aand­e­te ge­kry. Sit dit voor met ro­me­ri­ge kool­slaai en ’n men­gel­slaai en sit ’n bak­kie blat­jang op die ta­fel so­dat almal hul­self kan help. As dit lyk of die maal­vleis­rol se bo­kant be­gin droog bak, be­dek die oond­bak met foe­lie tot aan die ein­de van die bak­tyd.

V­leis­sous 1 ui, fyn ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­kap 1 groot wor­tel, ge­skraap en fyn ge­ras­per 1 groen ap­pel, ge­skil, ont­kern en ge­ras­per 30 ml o­lie 500 g bees­maal­vleis 15 ml ma­ti­ge ker­rie­poei­er 3 ml kol­jan­der 3 ml ko­myn 30 ml blat­jang 100 ml wa­ter

Deeg 500 ml koek­meel 5 ml bak­poei­er 5 ml sout 80 g bot­ter Ys­wa­ter

Sous 1 ui, baie fyn ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, baie fyn ge­kap 15 ml o­lie 5 ml ker­rie­poei­er 2 ml sout 2 ml sui­ker A­nel Pot­gie­ter is die vrou ag­ter die be­kroon­de kos­blog, Li­fe is a zoo bis­cuit, en ver­ant­woor­de­lik vir die Son­dag­koe­rant Rap­port se week­lik­se kos­ru­briek. Van re­sep­te waar­mee jy die ran­de kan rek, ken sy, want haar ma, Babs, moes vir ’n ge­sin van ses kos op die ta­fel sit.

“My ma moes my, my drie broers en my ses-voet-ses-pa se mae vol hou. Ma kon die rand rek, maar haar kos was al­tyd heer­lik, per­fek ge­geur en met ton­ne lief­de ge­maak. Dié re­sep het sy se­ker ver­dub­bel vir al die mon­de. Ek ont­hou sy het dit in ’n groot bak in die mid­del van die ta­fel ge­sit en saam met slaai vars uit ons tuin voor­ge­sit. Dié rys­frik­ka­del­le het so ’n ker­rie­geur­tjie en die sous (as jy ’n kos­snob is, kyk weg) is van wor­ces­ter­sous, ta­ma­tie­sous en blat­jang ge­maak. Dis ’n reg­te rand­rek­ker en iets wat ’n glim­lag op almal se ge­sig­te sit. Ek maak dit van­dag nog. Maal­vleis is dees­dae die e­ko­no­mies­ste vleis en saam met die rys kom jy ver met dié re­sep,” ver­tel A­nel.

500 g maal­vleis 5 ml sout 3 ml swart­pe­per 5 ml bor­rie 5 ml ker­rie­poei­er 15 ml ap­pel­koos­kon­fyt 15 ml blat­jang 1 ei­er 125 ml rys, on­ge­kook Hand vol ge­kap­te pie­ter­sie­lie

Sous 60 ml wor­ces­ter­sous 7 ml sui­ker 180 ml ta­ma­tie­sous 50 ml blat­jang 15 ml mie­lie­blom, ge­meng met ’n bie­tjie koue wa­ter

Meng al die be­stand­de­le vir die frik­ka­del­le en maak bal­le­tjies. Bring drie kop­pies wa­ter tot kook­punt in ’n groot pan of pot. Plaas die frik­ka­del­le daar­in, be­dek en kook vir 30-40 mi­nu­te tot die rys gaar is. In­dien die wa­ter te veel weg­kook, vul aan. S­kep die frik­ka­del­le uit. Daar moet so­wat 2 kop­pies wa­ter in die pan oor wees. In­dien nie, vul aan. Gooi al die be­stand­de­le vir die sous, be­hal­we die mie­lie­blom, in die pan en kook vir 5 mi­nu­te. Ver­dik dit met die mie­lie­blom. Laat op­kook. Gooi oor die frik­ka­del­le en sit da­de­lik voor. Le­wer 6 por­sies.

Be­soek www.lifei­sa­zoobis­cuit.com vir A­nel se smul­lek­ker re­sep­te en sto­ries.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.