JOHAN RABIE

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Mnr. Johan Rabie is die boer­de­ry­be­stuur­der by Le­bom­bo Ca­pe tus­sen die Paarl en Wel­ling­ton in die Wes-Kaap. Hul­le kweek 180 ton rooi en geel soet­ris­sies in ’n kweek­huis en krop­slaai in ’n net­huis. Die soet­ris­sie­mark lyk tans be­lo­wend. Hul­le ver­koop al­les plaas­lik aan ’n ket­ting­win­kel.

Hoe­kom boer jul­le eer­der in ’n kweek­huis pleks van op oop lan­de­rye?

Soet­ris­sies kom oor­spronk­lik van Suid-A­me­ri­ka (Mex­i­ko) af waar dit lek­ker warm en die lug­vog­tig­heid hoog is. In die kweek­huis kan ons die vog­tig­heid en hit­te dwars­deur die jaar goed be­heer. In die so­mer is die kli­maat nog ge­skik by ons, maar in die win­ter is dit te koud. Ons kry ook be­ter oes­te in die kweek­hui­se en die be­kam­ping van siek­tes is mak­li­ker.

In wat­ter me­di­um groei die plan­te?

Ons ver­bou soet­ris­sies hi­dro­po­nies, wat be­te­ken die plan­te groei in ver­ryk­te wa­ter. Ons ge­bruik skoon wa­ter, meest­al re­ën­wa­ter wat ons op­vang. Dis ’n ge­slo­te stel­sel en al­les word her­sir­ku­leer. Ons vol­doen aan Wool­wort­hs se pro­gram Far­ming for the Fu­tu­re. Ons doen dus al­les op ’n vol­hou­ba­re ma­nier.

Wat­ter kul­ti­vars ver­bou jul­le?

Ons plant Mas­sil­lia, ’n rooi kul­ti­var, en Ca­tri­o­na, ’n geel kul­ti­var. Al­bei bied goeie weer­stand teen wit­roes en an­der siek­tes waar­mee ons in vo­ri­ge ja­re al pro­ble­me ge­had het. Dit le­wer ook ’n goeie op­brengs. Ver­brui­kers hou baie van rooi en geel soet­ris­sies. Al­le soet­ris­sies is aan­vank­lik groen, maar om­dat die rooi­es en ge­les la­ter, wan­neer dit ry­per is, ge­oes word, smaak dit be­ter.

Wan­neer oes jul­le?

Ons be­gin ein­de No­vem­ber oes en pluk dan el­ke week (soms tot twee keer per week) tot Ju­nie of Ju­lie van die vol­gen­de jaar. Ons pluk 180 ton soet­ris­sies deur die groei­tyd.

Is soet­ris­sies ’n moei­li­ke ge­was om mee te boer?

As jy die ba­sie­se din­ge ver­staan en dit van die be­gin af reg toe­pas, is dit nie so moei­lik nie. Aan­vank­lik moet jy die e­lek­trie­se ge­lei­dings­ver­moë (EC) en pH-waarde deur­lo­pend dop­hou; jy het tyd no­dig om die op­lei­stel­sel reg te kry en jy moet ge­reeld deur die aan­plan­ting stap en die vrug­gies na­gaan. Dis be­lang­rik om die op­brengs te be­heer. As die plant te veel dra, kan die ge­hal­te be­na­deel word. Teg­no­lo­gie is da­rem vir ons ’n groot hulp­mid­del om die kli­maat en wa­ter te be­stuur en an­der ver­an­der­li­kes te mo­ni­tor.

Wat is jou guns­te­ling-ge­reg met soet­ris­sies?

Ek hou van ’n roer­braai­ge­reg waar­in rooi én geel soet­ris­sies ge­bruik word. Ek sit baie uie, ver­al rooi uie, hoen­der- of maal­vleis en ’n soet­suur sou­sie by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.