DANIE NORTJÉ

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Mnr. Danie Nortjé is die be­stuur­der van ta­ma­ties by ZZ2, Suid-A­fri­ka se groot­ste ta­ma­tie­boer­de­ry. Die ge­wo­ne, ron­de, rooi ta­ma­ties bly hul ge­wild­ste pro­duk, ver­al op vars­pro­duk­te­mark­te, maar spe­si­a­li­teitsta­ma­ties, soos tro­sta­ma­ties, ker­sie­ta­ma­ties en o­ran­je ta­ma­ties, is ook blits­ver­ko­pers.

Hoe­veel ta­ma­ties oes jul­le?

Ons oes el­ke jaar so­wat 160 000 ton ta­ma­ties op 2 000 ha. ZZ2 het ’n mark­aan­deel van 40% in die ta­ma­tie­be­dryf. Ons kan 12 maan­de van die jaar in Mook­et­si ta­ma­ties plant, maar weens in­sek­druk en die voor­de­le van an­der kli­maat­stre­ke het ons die pro­duk­sie oor ver­skeie pla­se in Lim­po­po be­gin ver­sprei.

Jul­le volg ’n sag­ter boer­de­ry­be­na­de­ring, wat jul­le na­tuur­boer­de­ry noem. Hoe werk dit?

Ons is nie or­ga­nie­se boere nie, maar ons glo daar­in om in har­mo­nie met die om­ge­wing te boer. Daar­om ge­bruik ons kom­pos­tee, ef­fek­tie­we mi­kro­bes en plant­sa­pek­strak­te. Ons ge­bruik die Is­rae­lie­se maat­skap­py Bi­oBee se pro­duk­te om wit­vlieg en rooi­spin­ne­kop te be­kamp en be­stry al ja­re lank nie meer aal­wurms met che­mie­se me­to­des nie.

Hoe­kom vat be­skerm­de pro­duk­sie pos?

Ons ver­bou so­wat 100 ha ta­ma­ties (5% van die to­ta­le pro­duk­sie) on­der net­te. Dis eg­ter ka­pi­taal­in­ten­sief. Ta­ma­ties is woes­tyn­plan­te en hul­le soek wa­ter, maar nie op die bla­re nie. On­der die net­te kan ons die kli­maat en ri­si­ko be­ter be­stuur. Dit be­skerm die ta­ma­ties teen kwaai wind- en ha­el­ska­de en re­ën. Ons kan die in­sek­druk ook be­perk. Dit gaan ook oor hulp­bron­be­nut­ting, want jy’t min­der grond no­dig, dis wa­ter­doel­tref­fen­der en jy kan meer en be­ter ta­ma­ties per hek­taar le­wer. Op oop lan­de duur die he­le pro­duk­sie­pro­ses 24-30 we­ke, na ge­lang van die kli­maat­streek. In be­skerm­de toe­stan­de duur dit so­wat 40 we­ke, maar jy kan twee tot drie keer gro­ter oes­te af­haal. Die uit­pak­per­sen­ta­sie van eer­ste­graad­ta­ma­ties is ook baie be­ter.

Jul­le plant nie el­ke jaar op die­self­de land nie. Hoe­kom?

Ons laat die lan­de ses tot se­we jaar lank braak lê na­dat ons ge­oes het om grond­ge­draag­de siek­tes te be­perk. Ons bees­te be­nut die lan­de wat braak lê.

Hoe­veel men­se het jul­le in diens?

Ons het meer as 8 000 vas­te werk­ne­mers, waar­van die mees­te met die ta­ma­ties werk. Die mees­te van hier­die men­se woon op die plaas. Hier is ook sko­le, kli­nie­ke, ge­meen­skap­sa­le en ver­voer vir plaas­wer­kers.

Wat is jou groot­ste pro­bleem?

Jy moet re­le­vant bly in jou om­ge­wing, vir jou klan­te en vir almal wat by die plaas be­lang het. Jy moet die mark kan lees en die be­hoef­te be­paal so­dat jy se­ker kan maak jy voor­sien daar­in. Die plaas­li­ke smous­mark soek by­voor­beeld ’n groe­ner ta­ma­tie, want hy moet lan­ger af­stan­de ry, maar in Jo­han­nes­burg ver­kies die smou­se rooi ta­ma­ties wat hul­le el­ke dag vars kan ver­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.