GILLY SCHEEPERS

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Mnr. Gilly Scheepers van die land­goed Blou­kruin in die Oos-Vry­staat ver­bou mie­lies, ko­ring en dro­ë­bo­ne. Sy lê­hoen­der­ver­tak­king be­nut ’n groot deel van die mie­lies wat hy ver­bou. Hy boer ook met vee en ker­sies.

Hoe­kom het jy in 1985 met 69 lê­hoen­ders be­gin boer?

My ma het in ’n sta­di­um met hoen­ders ge­boer. Ek is dus lief vir ’n hoen­der van­dat ek ’n seun­tjie was. Ons noem dit die Guns­ton-hoen­ders, want ek kon nie vir my pa geld vra vir si­ga­ret­te toe ek uit die weer­mag kom nie. Die hoen­ders moes dus vir my geld in­bring om te kon rook!

Wat­ter hoen­der­ras­se pres­teer goed?

Ons ge­bruik die laas­te klom­pie ja­re net Loh­mann-hen­ne. Hul pro­duk­sie is goed en die kui­kens is re­de­lik be­skik­baar. Ons het nou ook Am­ber­link-kui­kens pro­beer aan­hou en die po­ten­si­aal lyk goed.

Hoe be­lang­rik is teg­no­lo­gie?

Ver­al die nu­we hok­ke ge­bruik heel­wat teg­no­lo­gie. Die idee is om die om­ge­wing so vrien­de­lik moont­lik vir ’n hoen­der te maak, daar­om word die kli­maat in al die nu­we hok­ke be­heer. Dit is toe­ge­rus met ’n waai­ers om die tem­pe­ra­tuur kon­stant op 26 ºC tot 28 ºC te hou. Daar is ook am­mo­ni­ak­sen­sors om te waar­sku wan­neer die reuk bin­ne die hok­ke te erg be­gin raak. Hoe groot is jou lê­hoen­der-ver­tak­king nou en hoe­veel eiers lê hul­le per dag?

Ons het so­wat 220 000 hen­ne. As dit so net-net gaan, lê 86% van hul­le ’n ei­er per dag. Dit kom neer op so­wat 170 000 tot 180 000 eiers el­ke dag.

Waar word al die eiers ver­koop?

Ons groot­ste mark is in Roo­de­poort, maar ons be­dien ook Bloem­fon­tein, Wel­kom en die he­le Oos-Vry­staat. Ons ver­koop slegs aan die klein­han­del, spe­si­fiek S­par-win­kels. Al die eiers word in ver­skil­len­de ver­pak­kings op die plaas ver­pak. Ons be­mark dit on­der die Blou­kruin-han­dels­merk.

Wat is jou groot­ste pro­bleem as hoenderboer?

In dié sta­di­um is dit die wis­sel­val­li­ge wis­sel­koers, wat die graan­pry­se laat wip­plank ry. Al­te­sa­me 72% van ons uit­ga­wes is voer­kos­te. Die skom­me­lin­ge in die mark is dus ’n groot ri­si­ko.

Hoe oor­kom jy dit?

Een van die groot re­des waar­om ons met hoen­ders boer, is om ons mie­lie­prys te sta­bi­li­seer. In ’n droë jaar, soos van­jaar, be­nut ons ons he­le mie­lie-oes vir voer, maar in ’n nor­ma­le jaar ge­bruik ons tot 60% van ons eie mie­lies. Ons poog eg­ter om el­ke pit wat ons le­wer met die skaap-, bees- of hoen­der­boer­de­ry te be­nut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.