CAREL MINNAAR

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Hoe­kom is pam­poe­ne ’n goeie keu­se op die plaas?

Ons kan pam­poe­ne in die win­ter ver­bou, want ons om­ge­wing kry nie som­mer ryp nie. Die pry­se maak dan ook meer sin, want die Ho­ë­veld se pro­duk­sie­tyd be­gin eers in die so­mer. Ons plant min of meer in A­pril en oes in Au­gus­tus en Sep­tem­ber. In die so­mer is dit te warm by ons en dan suk­kel ons met son­brand. Ons moet dus sorg dat ons teen Ok­to­ber klaar ge­oes is.

Wat­ter soor­te plant jy?

Ek plant Hub­bard- en ys­ter­pam­poe­ne. Ys­ter­pam­poe­ne is die ou boer­pam­poe­ne, maar hul­le is nie so plat en wit soos boer­pam­poe­ne nie. Die ys­ter­pam­poe­ne het ’n kor­ter groei­tyd, han­teer mak­li­ker en die skil is ook ’n bie­tjie sag­ter, wat dit ge­skik­ter maak vir ver­wer­king en op­sny. Ons het in die ver­le­de ook bot­ter­skor­sies ( but­ter­nut) ge­plant. Dis ’n mak­li­ke pam­poen om mee te boer en na­ma­te die kul­ti­vars be­gin ver­an­der het, het die koe­ler ge­bie­de dit ook be­gin ver­bou. Dis nou nie meer die moei­te werd vir ons om daar­mee te boer nie.

Waar­om plant jul­le van­jaar so­veel min­der pam­poe­ne?

Ge­woon­lik plant ons 100 ha tot 140 ha pam­poe­ne per jaar, maar van­jaar gaan ons net so­wat 40 ha tot 60 ha plant. Dit het min ge­re­ën en ons gaan ook eer­der saad­mie­lies en kom­mer­si­ë­le mie­lies plant om­dat die pry­se daar­van tans so hoog is.

Waar ver­koop jul­le die pam­poe­ne?

Ons ry al­les aan na die vars­pro­duk­te­mark­te toe, maar dis so­wat 500 km van ons af. Ons moet dus sorg dat ons die bes­te pry­se kry so­dat ons kan ver­goed vir die ver­voer­kos­te. Ons oor­weeg dit ook nou om self die pam­poe­ne te ver­werk en op te sny. Dis wel moe­lik om op jou eie by ’n su­per­mark­groep in te kom, want jy moet vir ’n vol­le sei­soen jou pro­duk­te aan hul­le kan le­wer en ons het net vir ’n se­ke­re tyd van die jaar van die pro­duk be­skik­baar.

Wat is jou groot­ste pro­bleem as pam­poen­boer?

Dis ar­beid en die kos­te daar­van. Pam­poe­ne is nie, soos mie­lies, be­stand teen on­kruid­do­ders nie. Jy moet dus han­de-ar­beid ge­bruik om die on­kruid uit te skof­fel. Jy kan dit ook nie me­ga­nies oes nie en ons pluk al­les met die hand.

Wat is jou guns­te­lin­g­re­sep waar­in pam­poen voor­kom?

’n Hub­bard-pam­poen is vir my die lek­ker­ste en geu­rig­ste, ver­al in pam­poen­tert of -koe­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.