GERT JANSE VAN RENSBURG

Landbou Boerekos - - Kookslim - B­rits, Noord­wes

Mnr. Gert Janse van Rensburg is die der­de ge­slag op Lang­plaas, waar hul­le al so­wat 40 jaar lank uie plant. Sy stre­we is om son­der gif­stow­we te boer en grond­vrug­baar­heid ’n hup­stoot te gee.

Ver­tel meer van jul ui­e­boer­de­ry?

Ons plant so­wat 150 ha uie per jaar, waar­van on­ge­veer die helf­te ui­e­bol­le­tjies is. Dit ver­eis meer ar­beid en is duur­der as wan­neer jy van saad af plant, maar ons kan vroe­ër op die mark wees en be­ter pry­se vir die eer­ste uie ver­dien. Uie pas re­de­lik goed in ons ro­ta­sie­si­klus op die plaas. Ons plant vier an­der groen­te­ge­was­se: Wor­tels (200 ha), beet (200 ha), pa­tats (150 ha), en bot­ter­skor­sies (50 ha). Ons pro­beer om net een keer in vier jaar die­self­de ge­was op ’n land te plant.

Hoe ver­se­ker jy jou grond bly vrug­baar en ge­sond?

As die der­de ge­slag op die plaas be­sef ek daar is ’n gro­ter be­hoef­te aan grond­ge­sond­heid as in die tyd van my pa of ou­pa, wat met ge­son­de grond be­gin boer het. Ro­ta­sie is vir ons be­lang­rik en ek glo dis ’n ge­son­der stel­sel om el­ke vier jaar die­self­de ge­was op die grond te ver­bou. Om die ro­ta­stie­stel­sel op ste­ro­ïe­de te sit, doen ons ook groen­be­mes­ting met dek­ge­was­meng­sels van 10, 15 of 20 soor­te. Dit help om di­ver­si­teit te s­kep. Die groen­be­mes­ting word in ’n ho­ë­druk­be­wei­ding­stel­sel deur ons bees­te be­nut. Hul­le trap so­wat 50% van die ma­te­ri­aal te­rug in die grond en ons kry ’n re­de­li­ke mis- en u­rie­ne­ver­sprei­ding op die grond. Dis ’n ma­nier om jou grond op te bou ter­wyl jy geld maak. Ons het ook die af­ge­lo­pe tien jaar weg­be­weeg van kuns­mis met ’n hoë sou­tin­houd. Ons ge­bruik eer­der ka­li­um­sul­faat as ka­li­um­chlo­ried, want dit is ge­son­der vir die grond. Ver­der dien ons el­ke jaar so­wat 10 m3 erd­wurm­kom­pos op ’n hek­taar toe.

Wat is jou groot­ste di­lem­ma as ui­e­boer?

Ek wil graag uie ver­bou son­der om ’n li­ter gif te ge­bruik. Ek haat gif met ’n pas­sie! Toe ek in 2006 be­gin boer het, het ons el­ke dag li­ters gif ge­spuit. Nou spuit ons al baie min­der, nie eens een keer per week nie. As dit reg­tig no­dig is, spuit ons by­voor­beeld teen blaas­poot­jie, maar met ’n swaar hart.

Hoe ge­bruik jy min­der gif­stow­we?

Ons kom el­ke week in el­ke land om die plant­sap­pe te toets. Ons spuit dan blaar­voe­dings vol­gens dié in­lig­ting en ver­skaf al die mi­kro- en ma­kro-e­le­men­te wat die plan­te no­dig het. Ek glo as die plant ge­sond is, is daar nie siek­tes nie. Dis ook hoe­kom dit be­lang­rik is om ge­son­de grond te hê.

Wat is jou guns­te­ling-re­sep met uie?

Ek hou van rou uie in ’n slaai. ’n Ui, in foe­lie toe­ge­draai en in die oond ge­bak, is ’n een­vou­di­ge ge­reg, maar dis heer­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.