Broc­co­lis­laai met bot­ter­bo­ne en heu­nings­pek

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Die slaai be­vat vleis en a­vo­ka­do en is vul­lend ge­noeg om as ’n ete voor­ge­sit te word. Laat die spek weg (sien spaar­wenk hier­on­der) om dit in ’n by­ge­reg te ver­an­der.

Hal­we pak (125 g) bladspek 15 ml heu­ning 700 g broc­co­li, in blom­me­tjies ge­sny O­lyf­o­lie, see­sout en vars ge­maal­de swart­pe­per 2 blik­ke (410 g elk) bot­ter­bo­ne, ge­drei­neer en goed af­ge­spoel 2 ryp, maar ferm a­vo­ka­do’s, ge­skil, ont­pit en in blok­kies ge­sny

Slaai­sous 15 ml soet ris­sie­sous 1 knof­fel­hui­sie, baie fyn ge­druk 45 ml o­lyf­o­lie Sap van ’n hal­we suur­le­moen Knip­pie sout Vars ge­maal­de swart­pe­per

Voor­ver­hit die oond tot 200 ºC en voer twee bak­pla­te uit met foe­lie. Smeer ’ n draad­rak­kie met o­lie en sit dit op die een bak­plaat. Pak die bladspek in ’n en­kel­laag op die draad­rak­kie. Ver­hit die heu­ning tot kook­punt en verf el­ke stuk­kie spek aan al­bei kan­te met ’n la­gie heu­ning.

S­kep die broc­co­li­blom­me­tjies op die an­der bak­plaat en be­sprin­kel mil­de­lik met o­lyf­o­lie, sout en pe­per. Roos­ter die broc­co­li en die spek vir so­wat 15 mi­nu­te in die oond tot die spek bros is. Hou deu­ren­tyd ’n oog daar­op om se­ker te maak die spek brand nie. Die broc­co­li sal ’ n ek­stra paar mi­nu­te in die oond no­dig hê – roos­ter tot goud­bruin en gaar.

S­kep die ge­roos­ter­de broc­co­li in ’ n slaai­bak en voeg die bo­ne en a­vo­ka­do by. S­keur die heu­nings­pek in grow­we stuk­ke en voeg dit ook by.

Klits die be­stand­de­le vir die slaai­sous saam en s­kep oor die slaai. Meng deur en sit da­de­lik voor. Le­wer 4- 6 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.