WILMARÉ LOTZ

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Wilmaré Lotz van Raw­son­vil­le werk al van jongs af by Bo­land Mushrooms, haar pa se sam­pi­oen­boer­de­ry, en het dit in 2010 oor­ge­neem. Sy oes el­ke dag wit en bruin sam­pi­oe­ne vir die re­stau­rant- en spy­se­niers­be­dryf.

Hoe het jy ’n sam­pi­oen­boer ge­word?

My pa, wy­le T­heo G­ries­sel, het se­dert die 1980’s sam­pi­oe­ne ge­kweek. As kind het ek vir ek­stra sak­geld va­kan­sie­tye as ver­pak­ker en pluk­ker ge­werk, maar die gog­ga het my nooit ge­byt nie. In my fi­na­le jaar, toe ek ’n te­sis oor kom­pos­te­ring ge­skryf het, het ek be­sef ek wil die sam­pi­oen­boer­de­ry be­proef. Ons het met agt groei­ka­mers be­gin. Van­dag het ons 16 ka­mers, wat week­liks 4,5 ton tot 5,5 ton sam­pi­oe­ne op­le­wer.

Wat­ter soort sam­pi­oe­ne kweek jy?

Die ge­wo­ne wit kno­pie­sam­pi­oen ( A­ga­ri­cus bis­po­rus) en die bruin, oop sam­pi­oe­ne ( A­ga­ri­cus brun­nes­cens). In die 1980’s was daar nie uit­heem­se sam­pi­oe­ne in Suid-A­fri­ka nie en die wit kno­pie­sam­pi­oen was die lo­gie­se keu­se.

Hoe werk die pro­ses?

Die spo­re ont­kiem in ’n kom­pos­sub­straat, wat uit ko­ring­strooi, hoen­der­mis en gips be­staan. Dit duur so­wat drie we­ke om die kom­pos voor te be­rei, waar­na dit na ’n ka­mer aan­ge­ry word om vir agt uur teen 58 ºC te pas­teu­ri­seer. Am­mo­ni­ak moet ook in pro­te­ïe­ne, ’n voe­dings­bron vir die spo­re, om­ge­ska­kel word. Dit duur so­wat ’n week. Dan word die kom­pos met spo­re ge­meng en in die groei­ka­mers ge­sit. Dit ont­kiem vir twee we­ke teen 24 ºC tot 27 ºC. ’n Spe­si­a­le dek­laag word oor die ge­ko­lo­ni­seer­de kom­pos ge­sit so­dat die mi­se­li­um (’n net­werk swam­dra­de) na die op­per­vlak kan groei. Ons ver­laag die tem­pe­ra­tu­re so­dat die mi­se­li­um ’n sam­pi­oen kan voort­bring. Ons oes so­wat drie we­ke uit só ’n ka­mer voor die kom­pos uit­ge­put is.

Oes jul­le el­ke dag?

Sam­pi­oe­ne ver­dub­bel bin­ne 24 uur. ’n Sam­pi­oen­plaas oes 365 dae van die jaar.

Wat is jou groot­ste pro­bleem?

Ons is af­hank­lik van ko­ring­strooi en die ko­ringoes­te was die af­ge­lo­pe sei­soen laag weens die droog­te. Ko­ring­pry­se het as­tro­no­mies ge­klim. Ons ar­beid, die ge­hal­te van die sam­pi­oe­ne en die pro­duk­sie per vier­kan­te me­ter moes daar­om ver­be­ter.

Groei die sam­pi­oen­be­dryf?

Ja. Suid-A­fri­ka­ners eet jaar­liks 20 000 ton vars sam­pi­oe­ne. Sam­pi­oe­ne is ve­sel­ryk en son­der cho­les­te­rol. Die ban­ting-di­eet het sam­pi­oe­ne ook ’n hup­stoot ge­gee, aan­ge­sien dit baie pro­te­ïe­ne be­vat. Dis ’n goeie plaas­ver­van­ger vir vleis.

Wat is jou guns­te­ling-sam­pi­oen­ge­reg?

Ek is dol oor groot, ge­vul­de Por­ta­bel­los­am­pi­oe­ne. My guns­te­ling-vul­sels is blok­kies ge­braai­de bot­ter­skor­sie met fe­ta, ge­ka­ra­mel­li­seer­de uie, suur­le­moen­tie­mie, ’n klont­jie bot­ter en moz­za­rel­la.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.