Ge­vul­de sam­pi­oe­ne

Landbou Boerekos - - Kookslim -

Jy kan dié lek­ker by­ge­reg ook oor ma­ti­ge ko­le gaar­maak — dis heer­lik by braaivleis. Speel rond met vul­sel­be­stand­de­le — ge­bruik al daar­die bie­tjies in die ys­kas op.

4 ek­stra­groot bruin sam­pi­oe­ne 45 ml o­lyf­o­lie 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­kap 200 g spi­na­sie, goed ge­was en fyn ge­kerf 1 wiel fe­ta­kaas, ge­krum­mel 125 ml ont­pit­te o­ly­we, grof ge­snip­per Vars ge­maal­de swart­pe­per na smaak Ek­stra o­lyf­o­lie, om oor te drup

Voor­ver­hit die oond tot 200 ºC. Knyp die sam­pi­oe­ne se ste­le met jou duim af so­dat die on­der­kant ’n bak­kie vorm. Kap die ste­le fyn. Pak die sam­pi­oe­ne ( met die glad­de kant na on­der) op ’n ge­smeer­de bak­plaat en sit een­kant. Ver­hit die o­lie in ’n pan en braai die ge­kap­te sam­pi­oen­s­te­le en knof­fel oor lae hit­te daar­in tot sag en geu­rig. Voeg die spi­na­sie by en braai vir ’n paar se­kon­des tot die spi­na­sie net be­gin ver­lep.

Haal die pan van die hit­te af en los die spi­na­sie daar­in om ver­der in die warm pan gaar te word. Roer nou en dan lig­gies en laat af­koel.

Voeg die fe­ta­kaas en o­ly­we by en meng lig­gies. Ver­deel die vul­sel tus­sen die sam­pi­oe­ne, maal swart­pe­per oor en drup ’ n bie­tjie o­lyf­o­lie oor. Oond­roos­ter vir on­ge­veer 10­15 mi­nu­te tot die sam­pi­oe­ne gaar is. Sit voor as by­kos of as lig­te ete, met slaaie. Le­wer 4 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.