Groen­boon­tjie­bre­die

Landbou Boerekos - - Kookslim -

350 g vet sto­we­skaap­vleis, in stuk­kies ge­sny (ek ge­bruik graag rib) Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per 30 ml o­lie 2 uie, grof ge­kap 5 ml ge­maal­de kol­jan­der Wa­ter 4 aar­tap­pels, ge­skil en in kwar­te ge­sny 400 g groen­boon­tjies, ge­kerf Skeut vars suur­le­moen­sap

Geur die vleis met sout en pe­per en braai dit bruin in die o­lie. Voeg die uie en kol­jan­der by en braai tot die uie sag word. Voeg ge­noeg wa­ter by om die vleis heel­te­mal te be­dek. Ver­hit tot kook­punt en prut oor lae hit­te tot die vleis sag is. (Maak se­ker daar is deu­ren­tyd ge­noeg vloei­stof in die ka­strol.) Voeg die aar­tap­pels en boon­tjies by, be­dek en prut vir 30-40 mi­nu­te tot die aar­tap­pels gaar is. Gee die bre­die ’n roer, geur na smaak en laat prut vir nog 10-15 mi­nu­te. Rond af met ’n skeut vars suur­le­moen­sap. Le­wer 4- 6 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.