Ou­tyd­se soet­ker­rie

Landbou Boerekos - - Sakpas-Snitte -

2 kg sto­we- of potjiekos-skaap­vleis, in stuk­kies ge­sny Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per Meel om vleis te be­stuif O­lie en bot­ter vir braai 1 groot ui, fyn ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, ge­kneus 15 ml-20 ml ker­rie­poei­er 10 ml bor­rie 10 ml fyn ko­myn 5 ml ge­maal­de kol­jan­der 750 ml bees­vleis­af­trek­sel 4 wor­tels, ge­ras­per

Geur die vleis goed met sout en pe­per en rol in die meel. Skud oor­tol­li­ge meel af. Ver­hit die o­lie en bot­ter in ’n diep pot en braai die vleis, bie­tjies op ’n slag, tot goud­bruin. S­kep uit en hou een­kant. Braai die ui en knof­fel in die­self­de ka­strol en geur lig­gies met sout. Sit die ker­rie­poei­er, bor­rie, ko­myn en kol­jan­der by die ui­e­meng­sel en braai tot geu­rig. S­kep die vleis te­rug in die pot en roer tot die spe­se­ry­meng­sel die vleis be­dek het. Giet die af­trek­sel by en prut tot sag, ter­wyl jy el­ke nou en dan roer. Roer die wor­tels by en sit voor saam met vars kol­jan­der­bla­re, rys en ta­ma­tie­sal­sa. Le­wer 6 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.