Sout-en-suur­le­moen­rib­be­tjies

Landbou Boerekos - - Sakpas-Snitte -

Lams- of skaap­rib is nie net ’n be­kos­tig­ba­re snit nie, dit is ook prop­vol geur — soos e­ni­ge vleis wat teen­aan die been sit. Jy het nie oor­da­di­ge geu­re saam met rib no­dig nie. Sout, pe­per en suur­le­moen bring waar­lik die geur uit. Ek hou van iets suurs daar­by — soos ’n s­pat­sel a­syn of suur­le­moen­sap, om die erg­ste ryk­heid en vet­te­rig­heid te tem­per.

1 groot lams­rib, in stuk­ke ge­sny Grow­we sout Vars ge­maal­de swart­pe­per Sap en skil van 2 suur­le­moe­ne

Plaas die ge­sny­de lams­rib­be­tjies op een groot bak­plaat of twee klei­ner bak­pla­te. Geur mil­de­lik met sout, pe­per en sap en skil van die suur­le­moe­ne. Voor­ver­hit die oond tot 180 ºC en oond­bak die rib­be­tjies tot bros en goud­bruin. So­dra die vleis uit die oond kom, druk nog vars suur­le­moen­sap oor. Sit voor met room­spi­na­sie of ’n groen­slaai. Le­wer 4 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.