MI­CHA­EL SWART

Landbou Boerekos - - Sakpas-Snitte -

Mnr. Mi­cha­el Swart be­dryf ’n ge­meng­de boer­de­ry op die plaas Swart­ri­vier in die O­ver­berg. ’n Dohne-Me­ri­no-stoe­te­ry (S­war­co) en ’n kom­mer­si­ë­le kud­de vorm ’n groot deel van die on­der­ne­ming. Hy ver­tel meer van dié dub­bel­doel­skaap­ras.

Hoe­kom is die O­ver­berg goeie skaap­wê­reld?

Ons kry re­de­lik goeie win­ter­re­ën, daar­om pas ons wei­ding (soos me­di­cs) baie goed hier aan. Selfs die na­tuur­li­ke gras­se wat hier op­kom, kan goed be­nut word. Die be­lang­rik­ste is dat die skaap­boer­de­ry goed saam met die ge­saai­des werk en ons meen die twee stel­sels is die goue mid­de­weg. Die wei­ding werk goed in ons wis­sel­bou­stel­sel.

Wat is die ras se goeie ei­en­skap­pe?

Ek het baie ja­re ge­le­de — in die 1980’s — na Dohne-Me­ri­no’s oor­ge­ska­kel. Voor dit het ek om die helf­te met Me­ri­no’s en Dohnes ge­boer. In daar­die sta­di­um het ons ’n baie be­ter in­kom­ste met die Dohnes be­haal. Nie net het die Dohnes se wol goed ge­vaar nie, maar ons het ook baie meer lam­mers ge­kry. Die mo­der­ne Me­ri­no vaar nou be­ter. Ek het my stoe­te­ry in 1992 be­gin en baie an­der boere het ons ge­volg. Van­dag is tot 95% van die skaap­kud­des in die om­ge­wing van Ca­le­don Dohne-Me­ri­no’s.

Waar be­mark jy jou vleis en stoet­die­re?

Ons ver­koop die mees­te van ons ram­me op die jaar­lik­se vei­ling wat ons op die plaas aan­bied. Ons vleis gaan ge­woon­lik na die slag­plaas op Gra­bouw. So­wat ’n der­de van

ons ooie lam drie keer in twee jaar. As jou ooie so baie lam, moet jy die lam­mers van die ooie weg­vat as hul­le net ou­er as twee maan­de is. Ons stuur hul­le voer­kraal toe. Ons het nou so ’n groep lam­mers be­mark wat ge­mid­deld 26 kg-27 kg weeg.

Met hoe­veel Dohne-Me­ri­no-ooie boer jy?

Ons het 3 000 ooie, waar­van 450 stoet­ooie is.

Lyk sa­ke al be­ter vir boere ná die droog­te?

Ek, wat nou al lank­al boer, het groot­ge­word met ’n so­mer­droog­te in die om­ge­wing. Dit het van De­sem­ber tot om­trent Ju­nie nie ge­re­ën nie en in dié droë tyd moes ons ge­woon­lik die vee voer. Ek was dus al­tyd ge­woond aan voer. Ons het ook al die ja­re goed voor­sie­ning ge­maak om die vee vir vyf, ses maan­de van die jaar te voer.

Ons het eg­ter be­derf ge­raak met ’n paar goeie ja­re en toe dit van­jaar en ver­le­de jaar weer nie re­ën nie, het die voer­fak­tor weer groot ge­word. Die wê­reld het nou vir ’n tyd lank baie mooi ge­lyk, maar die wei­ding was ag­ter. Ons noem dit ’n groen droog­te. Die wei­ding het ge­luk­kig nou vin­nig by­ge­kom.

Wat­ter an­der pro­ble­me het skaap­boe­re?

Weens die me­nig­te siek­tes, soos slenk­dal­koors, wat ons dees­dae kry, moet ’n mens se be­stuur goed wees. Ons is ook be­kom­merd oor ent­stow­we, want ’n mens is nooit se­ker of dit gaan werk of nie. Die be­skik­baar­heid van ent­stow­we is ook ’n groot pro­bleem. Daar is tans weer ’n te­kort aan se­ke­re ent­stow­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.