Mie­lie­plaat­koe­kies

Landbou Boerekos - - Spenskasstaatmakers -

Mak­lik, goed­koop en smul­lek­ker vir ont­byt, of e­ni­ge tyd tus­sen-in. Sit dit voor met spek­vleis en stroop of heu­ning daar­oor ge­drup, met ryp a­vo­ka­do en soet ris­sie­sous, of met ’n sal­sa van ge­kap­te ui, ta­ma­tie, kom­kom­mer en brand­ris­sie, soos op die fo­to hier­bo.

250 ml bruis­meel Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per Knip­pie sui­ker 2 eiers 80 ml melk 2 blik­ke (420 g) heel­pit­mie­lies, goed ge­drei­neer 1 wiel fe­ta­kaas, fyn ge­krum­mel

O­lie, vir braai

Sit die meel, sout, pe­per en sui­ker in ’n meng­bak. Klits die eiers en melk goed saam en voeg dit saam met die mie­lies en fe­ta­kaas by die meel­meng­sel. Roer tot net ge­meng (moet dit nie te veel roer nie, an­ders sal die koe­kies swaar en taai wees).

Ver­hit ’n bie­tjie o­lie in ’n pan en braai groot eet­le­pels vol van die be­slag vir on­ge­veer 2-3 mi­nu­te, of tot goud­bruin on­der. Draai om en braai ook aan die an­der kant. Hou die hit­te ma­tig, so­dat die koe­kies nie te don­ker braai voor dit deur­gaar is nie. Le­wer 6 por­sies (12 koe­kies).

VARIASIE: Gee die koe­kies ’ n bie­tjie byt deur vier tot vyf pi­kant­ris­sies fyn te snip­per en dit by die be­slag te voeg voor jy dit braai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.