Ker­rie­rys­slaai

Landbou Boerekos - - Spenskasstaatmakers -

Hier­die re­sep val in die slaai- en by­kos­ka­te­go­rie om­dat jy dit koud of warm kan voor­sit. Rys is ’n uit­ste­ken­de geur­dra­er en daar­om werk dit won­der­lik in ’n re­sep soos dié een, waar jy wil hê el­ke kor­rel moet die geur van die ker­rie­spe­se­rye op­slurp. As ek hier­die slaai koud voor­sit, klam ek dit graag aan met ’n bie­tjie o­lyf­o­lie en vars suur­le­moen­sap.

30 ml o­lie 1 rooi ui, ge­hal­veer en dun ge­sny 10 ml ker­rie­poei­er 3 ml ko­myn 500 ml gaar wit­rys 500 ml be­vro­re ert­jies Kook­wa­ter Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per

Ver­hit die o­lie en braai die ui, ker­rie­poei­er en ko­myn tot die ui net be­gin sag word. Voeg die rys by en braai vir ’n paar mi­nu­te, tot die rys deur­warm is. Sit die be­vro­re ert­jies in ’n bak en giet kook­wa­ter oor. Laat staan vir ’n paar mi­nu­te, d­rei­neer en voeg by die rys in die pan. Meng deur, be­dek die pan en ver­wy­der van die hit­te. Laat staan vir so­wat 15 mi­nu­te om te stoom. Geur na smaak en sit voor. Le­wer 6 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.