O­lyf-en-bier­brood

Landbou Boerekos - - S­pens­kas­staat­ma­kers -

Bak hier­die blit­si­ge brood­jie as jul­le weer braai of som­mer net as jy lus is vir vars, warm brood. Dit duur 5 mi­nu­te om die deeg aan te maak en die bes­te van als is dit hoef glad nie ge­knie te word nie.

As jy nie bier in die brood­jie wil ge­bruik nie, kan jy dit ook met so­da­wa­ter bak, maar, ont­hou, die geur sal nie die­self­de wees nie.

500 g wit bruis­meel 5 ml sout 1 pak­kie (100 g) ont­pit­te swart- of ca­la­ma­ta-o­ly­we, ge­kap 250 ml ge­ras­per­de ched­dar 1 blik­kie (340 ml) bier

Voor­ver­hit die oond tot 180 ºC en smeer ’n klei­ne­ri­ge brood­pan goed met o­lie. Meng die meel, sout, o­ly­we en ge­ras­per­de kaas in ’n meng­bak. Voeg die bier by en meng goed.

Skep die meel­meng­sel in ’n ge­smeer­de brood­pan en bak vir so­wat 45 mi­nu­te tot goud­bruin, uit­ge­rys en deur­gaar. Sit warm voor met bot­ter. Le­wer 8-10 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.