Suur­le­moen­me­rin­gue-tert

Landbou Boerekos - - Plaaskombuis -

Uit die kom­buis van Wil­ma Jor­daan.

1 pak­kie (200 g) Ma­rie- of Ten­nis­be­skuit­jies, fyn ge­maak 100 ml ge­smel­te bot­ter of mar­ga­rien

Vul­sel 1 blik (397 g) vol­room-kon­dens­melk 125 ml suur­le­moen­sap 2 ei­er­ge­le 3 ei­er­wit­te 60 ml sui­ker

Voor­ver­hit die oond tot 180 ºC. Meng die koe­kie­krum­mels en die ge­smel­te bot­ter en druk dit op die boom en teen die kan­te van ’n klein tert­bord of -bak vas. Ver­koel tot be­no­dig.

Klits die kon­dens­melk, suur­le­moen­sap en ei­er­ge­le saam en giet die meng­sel in die voor­be­rei­de tert­kors. Klits die ei­er­wit­te in ’n skoon bak tot sty­we pun­te vorm. Voeg die sui­ker le­pel vir le­pel by, ter­wyl jy klits, tot die meng­sel dik en blink­wit is. S­kep die me­rin­gue op die kon­dens­melk­vul­sel en ver­sprei dit so­dat die vul­sel heel­te­mal be­dek is. Ge­bruik ’n vurk of le­pel om punt­jies op die me­rin­gue te vorm. Bak vir 15-25 mi­nu­te tot die me­rin­gue goud­bruin is. Haal die tert uit die oond en laat af­koel tot ka­mer­tem­pe­ra­tuur. Sit voor met kof­fie of tee. Le­wer 6-8 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.