Pa­tats met mus­ka­del

Landbou Boerekos - - Plaaskombuis -

Uit die kom­buis van Al­tus en Han­ne­ke Baard.

2 kg pa­tats Suur­le­moen­wa­ter 375 ml ka­ra­mel­sui­ker 190 g bot­ter 250 ml wit mus­ka­del

Skrop die pa­tats en druk goed droog. Skil die pa­tats en sit in ’n bak met suur­le­moen­wa­ter. Sny die pa­tats in grow­we stuk­ke en pak ’n laag pa­tats in ’n groot swaar­boom­pot. Sprin­kel ’n la­gie sui­ker oor en stip met bot­ter. Pak nou nóg ’n laag pa­tats, ge­volg deur ’n la­gie sui­ker en ’n paar klont­jies bot­ter. Her­haal die lae tot die be­stand­de­le op is. Giet die mus­ka­del oor en sit die pot op die stoof. Ver­hit tot kook­punt en ver­laag dan die hit­te tot die pa­tats sag­gies prut. Be­dek en prut lig­gies vir on­ge­veer 1½ uur tot die pa­tats sag is (die kook­tyd sal af­hang van hoe grof die pa­tats ge­sny is). Haal die dek­sel af en laat die pa­tats ver­der prut tot die vloei­stof am­per al­les af­ge­kook en die pa­tats ge­ka­ra­mel­li­seer is. Le­wer 10 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.