Boe­re­wors­rol­le met byt

Landbou Boerekos - - Oordiekole -

Om­skep ’n pak wors en twee blik­kies uit die spens in ’n kits in ’n smul­lek­ker ete.

Bo­ne­sous 1 ui, ge­kap 30 ml o­lie 1 blik (420 g) ge­bak­te bo­ne in ta­ma­tie­sous 1 blik (440 g) sterk cha­ka­la­ka Sout, swart­pe­per en ’n knip­pie sui­ker

500 g boe­re­wors 4-6 brood­rol­le­tjies Bot­ter, vir smeer Slaai­bla­re

Sit ’n klein, vuur­vas­te ka­strol op die ko­le. Ver­hit die o­lie in die ka­strol en braai die ui daar­in tot sag. Voeg die ge­bak­te bo­ne in ta­ma­tie­sous en die cha­ka­la­ka by en ver­hit tot kook­punt. Prut sta­dig, ter­wyl jy roer, vir on­ge­veer 5 mi­nu­te. Geur na smaak met sout, pe­per en ’n knip­pie sui­ker. Hou een­kant warm.

Braai die wors oor ma­ti­ge ko­le tot gaar, maar steeds sap­pig. Sit dit in ’n braai­bak en hou een­kant warm.

Sny die brood­rol­le­tjies oop en pak dit met die ge­sny­de kan­te na on­der op die roos­ter. Roos­ter vir ’n mi­nuut of twee tot lig­goud­bruin. Smeer die rol­le­tjies en sit slaai­bla­re en boe­re­wors op elk­een. S­kep ’n ruim por­sie van die bran­de­ri­ge bo­ne­sous bo-op en sit da­de­lik voor. Le­wer 4- 6 por­sies.

Het daar van die bo­ne­sous oo or­ge­bly? Maak hier­die mak­li­ke ont­byt! Ver­hit die o­ri­ge bo­ne­sous saam met 1 blik (410 g) ge­kap­te ta­ma­ties tot kook­punt. Geur na smaak en prut tot die sous lek­ker dik is. Maak 4 hol­tes met die ag­ter­kant van ’n le­pel en breek ’n ei­er in el­ke hol­te. Geur die eiers bo-op met sout en pe­per. Sit ’n dek­sel op en prut vir so­wat 5-7 mi­nu­te, of tot die eiers gaar is na smaak. Sit voor met roos­ter­brood of op krum­mel­pap.

Le­wer 4 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.