B­lit­si­ge braai­brood

Landbou Boerekos - - Oordiekole -

Pleks van in­di­vi­du­e­le braai­brood­jies, maak een of twee groot braai­bro­de met klaar­ge­koop­te ci­a­bat­ta of selfs ’n ge­wo­ne win­kel­wit­brood wat jy dan net in die leng­te in dik snye sny.

1 groot ci­a­bat­ta, mid­del­deur ge­sny 40 ml bot­ter, ge­smelt 40 ml o­lyf­o­lie 60 ml vrug­te­blat­jang 2 uie, baie dun ge­sny Sout en vars ge­maal­de swart­pe­per na smaak 4 ta­ma­ties, dun ge­sny 375 ml ge­ras­per­de moz­za­rel­la­kaas

Sny die brood mid­del­deur. Meng die bot­ter en o­lyf­o­lie. Smeer die brood met die helf­te van die bot­ter-en-o­lyf­o­lie­meng­sel en dan met ’n la­gie blat­jang. Sit die boon­ste helf­te van die brood een­kant.

Pak die uie op die on­der­ste helf­te van die brood en geur goed met sout en pe­per. Pak die ta­ma­ties bo-op die uie en geur ook goed met sout en pe­per. Sit die kaas bo-op en druk die brood plat en sit die bo­kant van die brood op. Druk dit ste­wig vas en sit die brood in ’n toe­klap­roos­ter.

Smeer die bo- en on­der­kant van die brood ook met die res van die bot­ter-e­no­lyf­o­lie­meng­sel. Braai die brood sta­dig oor ma­ti­ge ko­le tot die kaas goed ge­smelt en die brood goud­bruin en bros is. Laat die brood ’n paar mi­nu­te af­koel en sny in sky­we. Le­wer 6-8 por­sies.

VARIASIE: Jy hoef nie al­tyd net die tra­di­si­o­ne­le kom­bi­na­sie van kaas, ta­ma­tie en uie op braai­brood­jies te sit nie. Pro­beer 'n slag spi­na­sie en fe­ta­kaas, of ont­pit­te o­ly­we met dun ge­sny­de a­gur­kies en moz­za­rel­la en selfs groen­vy­e­kons­erf met ge­krum­mel­de blou­kaas as brood­vul­sel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.