Goed­koop, maar lek­ker

In die ker­rie­hoof­stad van Suid-A­fri­ka het ek ge­leer dat die so­ge­noem­de e­ko­no­mie­se etes dik­wels die lek­ker­ste is. En dat jy met min ko­nings­kos kan maak.

Landbou Boerekos - - Redaksie - CHRIS BURGESS Hoof­re­dak­teur van land­bou­ti­tels chris.burgess@land­bou.com

J are ge­le­de, toe ek vir ’n paar maan­de el­ke week Dur­ban toe moes pen­del, het ek vir die eer­ste keer or­dent­lik met In­die­se kos ken­nis ge­maak. Nie in fên­sie ker­rie-eet­plek­ke, soos die be­faam­de Oys­ter­box-ho­tel in Umhlan­ga Rocks waar ons mi­nis­ters so graag uit­hang nie, maar eer­der die reg­te, eg­te Dur­ban­se ker­ries wat ge­wo­ne men­se by die ka­fees en ge­sins­re­stau­ran­te van die groot­ste In­die­se stad ter wê­reld (bui­te In­dië na­tuur­lik) eet. Van die eg Suid-A­fri­kaan­se bun­ny chow, waar ’n uit­ge­hol­de, hal­we wit­brood ge­vul word met geu­ri­ge ker­rie tot heer­li­ke ve­ge­ta­rie­se dis­se wat e­ni­ge bees­boer uit Noord­wes reg­op sal laat sit.

Daar was die spot­goed­koop, voet lan­ge ro­ti’s met die ver­skei­den­heid vul­sels, wat die le­gen­da­rie­se Sun­ri­se Ca­fe in die In­die­se buurt van O­ver­port ag­ter die ie­wat ge­ha­wen­de Mus­gra­ve-win­kel­sen­trum ver­koop het. Of die klei­ner, maar uit­ste­ken­de lam­ske­bab-ro­ti’s van GM Foods op I­si­pin­go-strand se piep­klein par­keer­ter­rein, waar­heen ons am­per el­ke mid­dag­e­te sou ry om in die koel­te van die ri­vier­mon­ding se wor­tel­bo­me daar­aan te smul.

En dit het nie saak ge­maak of jou ker­rie op­ge­rol in ’n ro­ti, oor rys, of in­ge­prop in ’n wit­brood be­dien is nie; die een deur­lo­pen­de ken­merk was al­tyd die lek­ker, dik lang sous. Geu­rig en ryk, en am­per ’n maal­tyd op sy eie.

Dit was eers ja­re la­ter dat ek by my In­di­ër-vriend en ker­rie­ghoe­roe Sa­da Red­dy sou hoor dat die lang sous juis ’n ma­nier was vir arm In­di­ër-fa­mi­lies om ’n maal­tyd ge­noeg­saam te laat rek vir el­ke kind om da­rem met iets in die maag in die kooi te kruip.

“Dit is eint­lik eie aan Dur­ban­se ker­ries,” ver­dui­de­lik Sa­da. “As ek kui­er by my men­se in die pro­vin­sie Andhra Pra­desh in Suid­oos-In­dië, is sul­ke sou­se nog­al on­ge­woon. Maar in Dur­ban is dit tot ’n kuns ver­fyn. Wan­neer daar nie vleis en aar­tap­pels is om die ker­rie te geur en te rek nie, word die sous een­vou­dig ver­vang met ’n be­trek­lik goed­koop dahl­sous, ge­prak­seer uit geel­len­sies. Al die spe­se­rye help na­tuur­lik om die ker­ries te be­waar so­dat hul­le nog ’n dag of twee kan staan, wat weer help om die geu­re en sma­ke ver­der te ver­weef en wat die ker­rie net lek­ker­der laat smaak!”

Nou ja, Dur­ban leer ’n mens om goed­koop te kook, be­te­ken nie jy hoef e­nig­sins smaak in te boet nie. Dít is ’n be­na­de­ring wat ons boe­re­men­se na­tuur­lik al­te goed ken wan­neer hul­le bre­dies en sto­we­ge­reg­te met niks meer as ’n bie­tjie af­trek­sel, ’n skeut wita­syn, ’n le­pel glad­de ap­pel­koos­kon­fyt en mis­kien ’n bie­tjie be­vro­re groen­te rek nie.

En met die e­ko­no­mie wat net nie op dreef wil kom nie en die voort­sle­pen­de droog­te wat kos­pry­se al hoe ho­ër druk, is daar min ge­sin­ne wat nie met ’n bie­tjie spens­raad kan klaar­kom nie. En wie is be­ter om met ’n paar op­los­sings vo­ren­dag te kom as ons eie plaas­mei­sie en Boe­re­kos- re­dak­teur A­ri­na du P­les­sis?

A­ri­na en haar span se plan­ne om steeds lek­ker, maar goed­ko­per te eet, strek van hoe om daar­die rooi­vleis­re­ke­ning on­der be­heer te kry son­der om jou Sa­ter­dag­mid­dag­braai op te foe­ter, tot goeie, maar re­de­li­ke wyn­ko­pies en na­tuur­lik to­wer­dis­se uit die bit­ter­ein­ders op jou spens­rak.

En as jy dink dit is net ons ge­wo­ne men­se wat met ons kos­re­ke­ning suk­kel, dink weer. Boe­re­kos sleep ’n he­le rits be­ken­des na­der wat in hier­die uit­ga­we ’n paar lek­ker spaar­wen­ke gee.

Ons hoop dus jul­le ge­niet die nu­we uit­ga­we van Boe­re­kos net so­veel as wat ons dit ge­niet het om dit aan­me­kaar te sit. Want daar is geen re­de waar­om ons nie lek­ker kan eet nie, al druk die e­ko­no­mie. En Boe­re­kos se om­slag­prys bly da­rem aan­sien­lik goed­ko­per as ’n vlieg­kaart­jie Dur­ban toe!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.