BOE­RE­KOS ’N HARTKAART

Landbou Boerekos - - Redaksie -

Land­bou Boe­re­kos 8 van 2016 is nie ’n tyd­skrif nie. Dit is ’n pad­kaart — ’n hartkaart deur my kin­der­ja­re. Dis se­ker hoe dit voel as die spreek­woor­de­li­ke “my le­we het voor my af­ge­speel-ge­voel” ’n mens tref, dink ek waar ek in die flou win­ter­son die nuut­ste Boe­re­kos deur­blaai. Net deur­blaai!

Die har tkaar t neem my ge­dag­tes te­rug na prent­jies van my le­we wat diep weg­ge­bê­re lê. ’n Ver­skei­den­heid men­se, ook hul­le wat nou die kon­trei met goue stra­te be­wan­del, kom groet my as­of ons me­kaar gis­ter laas ge­sien het. Die ont­hou be­gin by Mam­ma Goofy se Mai­ze­na­pap en dis am­per as­of ek die ka­neel kan proe. Ek ruik die geur van le­moe­ne in die kar wat ons langs die pad koop met een van die on­tel­ba­re rei­se Kaap toe of te­rug. Ont­hou jy die ver­ruk­li­ke tuis­ge­maak­te room­ys uit tan­nie Mei­ring se vries­kas? Daar­die drup­vet­skaap­tjop­pies wat pa Lam­bert tus­sen die gous­blom­me braai op een van ve­le len­te-Son­dag­uit­stap­pies tus­sen V­re­den­dal en Kla­wer, met die Mas­kam­berg op die ag­ter­grond. Ek ont­hou dui­sen­de eeter­va­rings van so­mer­va­kan­sies op Lam­berts­baai, piek­niek­uit­stap­pies na Nieu­woudt­vil­le se wa­ter­val en an­der plek­ke in die kon­trei en Son­dag­mid­dag-plaas­kui­ers by vrien­de rond­om V­re­den­dal.

Nee wag, ek sal lang­saam moet lees aan hier­die pad­kaart — net soos ’n mens teug aan ’n ge­steel­de blik­kie kon­dens­melk met twee gaat­jies in die dek­sel. So­dat die soet ont­hou en proe en ruik van die ver­le­de lank kan hou. SU­SAN KOEN Kim­ber­ley

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.